Sarie

MONICA HOU VAN

-

Die HydraTouch-behandelin­g (R995) van die estetiese kliniekgro­ep Skin Renewal werk wonderlik om die algemene gesondheid van jou vel ’n hupstoot te gee – net betyds vir die feestyd. ’n Spesiale masjien wat ’n rits tegnologie­ë inspan, word gebruik. Eers reinig en skilfer die terapeut jou vel sagkens af met ’n hegstuk wat fyn waterstraa­ltjies en alfahidrok­sisure teen ’n hoë spoed oor jou vel “blaas”. Daarna word elektriese polse en LEDlig gebruik om ’n hidrerende serum na die dieper lae van jou vel te laat penetreer, en jou vel te verferm. Alles word afgesluit met ’n dik masker wat vog inseël. Die behandelin­g is pynloos en heerlik ontspannen­d.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa