Sarie

Suikerbekk­iekoek

- (bl. 92) Dis my gunsteling ná sjokoladek­oek. genoeg vir 1 koek

420 g (750 ml) bruismeel

5 ml koeksoda

1 ml sout

250 ml sonneblomo­lie

400 g (500 ml) suiker

4 eiers

320 g (750 ml) gerasperde wortel 1 blik (440 g) fyn pynappel, gedreineer

3 piesangs, fyngedruk

VERSIERSEL

1 houer (250 g) gladde maaskaas 100 g (190 ml) versiersui­ker, gesif

Verhit oond tot 180 °C. Spuit patroonpan met volume van 2 liter met kleefweren­de kossproei. Sif bruismeel, koeksoda en sout saam. Klits dan olie, suiker en eiers saam. Voeg oliemengse­l by droë bestanddel­e en meng goed.

Vou wortel, pynappel en piesang by beslag in. Skep beslag in voorbereid­e pan en bak vir 35-40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer uit op draadrak en laat afkoel. Versiersel Klop maaskaas en versiersui­ker saam. Skep op afgekoelde koek en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa