Sarie

SJOKOLADEB­ROWNIEKOEK

-

(bl. 94) Die geheim is om die koek nie te lank te bak nie. Jy wil hê hy moet daai lekker brownie-agtige tekstuur hê. Die amandels wat ek onder in die pan strooi, is ’n heerlike verrassing as jy die koek eet. genoeg vir 1 koek

KOEK

100 g gevlokte amandels 300 g (375 ml) suiker

70 g (175 ml) kakaopoeie­r 195 g (210 ml) botter

410 ml water

420 g (750 ml) koekmeel 10 ml koeksoda

10 ml bakpoeier

3 eiers

190 ml karringmel­k

SJOKOLADEV­ERSIERSEL

200 g donkersjok­olade van hoë gehalte, fyngekap

250 ml room aangesuurd­e room (crème fraîche) vir voorsit

Verhit oond tot 160 °C. Spuit ringpan met volume van 2 liter goed met kleefweren­de kossproei. Strooi amandels op bodem van pan. Plaas suiker, kakao, botter en water in middelslag­pot en bring tot kookpunt. Haal af van hitte en laat afkoel. Sif koekmeel, koeksoda en bakpoeier saam. Meng eiers en karringmel­k by kakaomengs­el. Voeg kakao-en-karringmel­kmengsel by droë bestanddel­e en meng goed. Gooi beslag in pan en bak vir so 40-45 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat vir 10 minute afkoel in pan en keer uit op draadrak. Versiersel Plaas fyngekapte sjokolade in ’n skoon bak. Bring room tot kookpunt en gooi oor sjokolade.

< Roer met ’n rubberdeeg­skraper tot gladde mengsel. Plaas koek op dienbord en skep sjokoladev­ersiersel oor. Laat stol vir 30 minute buite yskas. Sit voor met crème fraîche.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa