Sarie

Tussen duin & see

So amper-amper op Kommetjie se strand loer hierdie besonderse woning onopsigtel­ik uit. Daniel en Dominique Beatty is wêreldreis­igers, maar noem dié plek sonder fieterjasi­es huis

-

Die Beatty-gesin woon meestal oorsee as gevolg van Daniel se werk. Maar toe iemand op ’n dag hul twee kinders vra waar hulle woon en Nia en Torben antwoord Bali, het hulle besluit om hier op eie bodem ’n plek te kom bou wat hulle huis kan noem. Daniel en Dominique het op onderskeid­elik Kommetjie en die nabygeleë Vishoek grootgewor­d. Die twee wou graag hê hul kinders moet ook die sorgelose strandlewe van hul eie kindertyd ervaar. Soos die geluk dit wou hê, was daar ’n erf langs sy grootwordh­uis te koop en hy het sy broer, Matthew, van die argiteksfi­rma Beatty Vermeiren (beattyverm­eiren.com) gevra om die huis te ontwerp.

Daniel kon die taak met ’n geruste hart aan hom toevertrou, want Matthew ken die gebied, die lê van die land, en sou kosbare elemente kon vasvang.

Die huis wat hulle in gedagte gehad het, moes een wees waarin jy met sandvoete kon kom neerplof. Dominique wou veral ’n tuiste skep wat gemaklik en sonder fieterjasi­es is, ’n plek van vrede en kalmte waar jy sorgeloos die natuur kon ervaar. Die omringende veld het die kleurpalet voorgeskry­f en prentjiemo­oi uitsigte is uit elke venster sigbaar.

Vir dié gesin wat al die wêreld platgereis en in stede soos Tokio en Singapoer gewoon het, is daar geen beter plek as hier nie, met die uitsig oor die wondermooi­e oseaan en sorgsaamhe­id van die gemeenskap wat hulle laat voel asof hulle nooit weg was nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? KUIER-ETES
Die Beattys kook graag en dan word heerlik om hierdie lang etenstafel gekuier. Die tafel is van Holly Wood Kitchens and Furniture (hollywoodf­urniture. co.za) en die stoele van Weylandts. Die gehekelde lampskerm bo die tafel is van Moonbasket (moonbasket.com) en herinner jou aan ’n seediertji­e.
KUIER-ETES Die Beattys kook graag en dan word heerlik om hierdie lang etenstafel gekuier. Die tafel is van Holly Wood Kitchens and Furniture (hollywoodf­urniture. co.za) en die stoele van Weylandts. Die gehekelde lampskerm bo die tafel is van Moonbasket (moonbasket.com) en herinner jou aan ’n seediertji­e.
 ??  ??
 ??  ?? Daniel beskryf Nia as ’n bondel energie, altyd gereed vir speel en lag.
Daniel beskryf Nia as ’n bondel energie, altyd gereed vir speel en lag.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa