Sarie

Min vroue sien vir dié soort huwelik kans

-

Marlon vertel . . .

Hy het altyd geweet dit gaan moeilik wees om die regte een te ontmoet, iemand wat sy belangstel­lings – die veld en diere – deel. ’n Onafhankli­ke vrou wat haar eie ding kan doen wanneer hy lang rukke weg is.

Toe verskyn Lourette op sy radar en hy sien haar raak . . . Goed en wel, sy hou van Afrikaanse musiek, hy nie. Sy sokkie, hy spring rond . . . Hy eet pap by sy braaivleis, sy braaibrood­jies. Maar dis mos klein dingetjies.

Oor die groot goed het hulle vroeg in hul verhouding reeds gepraat. Hoe om kinders groot te maak. Geldsake. Hulle het besef hulle gaan gereeld alleen wees en daar kan tye wees wat versoeking oor hul pad kom. Albei is aantreklik. “Maar ons vertrou mekaar honderd persent. Ons waardes is dieselfde. Ons geloofslew­e is sterk. Ons wil die

Sy is ongeloofli­k bedrewe op sosiale media en het in ’n sakevrou ontwikkel

Marlon

pad enduit loop,” sê Marlon.

Hy bewonder Lourette dat sy amper as “enkelma” die kinders grootmaak. “Sy kla nooit nie. Ek haal my hoed af vir haar. Dis harde werk om kinders groot te maak. Intussen bou sy aan haar loopbaan.”

Op haar beurt is sy trots op hom en sê dit. Sy gun hom sy loopbaan, dikwels in die geselskap van bekendes soos Bruce Springstee­n, Nicolas Cage en Martha Stewart. Hy eet dan saans kreef en drink Franse sjampanje. Dís die aard van die avontuurre­ise wat sy maatskappy aanbied.

Tiere gaan kyk in Indië, jaguars in Brasilië, die Himalaja se sneeuluipe­rds . . . rykes hou immers van die “goeie lewe”. Sy sit tuis en kyk kykNET en Netflix. En sy is reg daarmee, sê hy.

Marlon verduideli­k dis onmoontlik om haar saam te neem op sy reise. “Ek werk soms tot agtien uur per dag. Mense soek my aandag nét vir hulself. Ek verkies vakansies net saam met my gesin. Dan skakel ons heeltemal af.”

Aanvanklik, toe die kinders kleiner en nog baie ma-vas was, was hy bekommerd dat sy nie haar loopbaandr­ome sou kon verwesenli­k nie. “Maar kyk hoe het Lourette, ten spyte van als, gewoeker. Sy is ongeloofli­k bedrewe op sosiale media en het in ’n sakevrou ontwikkel. Sy volg een ná die ander kursus. Ek is ongeloofli­k trots op haar.”

Marlon meen hul verhouding werk omdat hulle dit láát werk. “Baie pa’s reis nie gereeld nie, maar is elke naweek op die gholfbaan of ry fiets, of hulle hang uit saam met hul vriende. Ek verkies om by my gesin te wees. Ek skakel die rekenaar en slimfoon af. Dan tel nét my kinders en vrou. Gesinstyd is kosbaar.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa