Sarie

Dis nie ek nie, dis my Oerbr Ein!

Sommige verhouding­s blyk gedoem te wees. Dis nou as ons oerbrein oorheers in ons gedrag en kommunikas­ie met ons maat. En as dit jou maat is wat so optree? Wat doen jý?

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Sommige verhouding­s is gedoem. Feit. Onnodig swartgalli­g? Nee, sê die Amerikaans­e verhouding­skenner John Gottman. Hy lig sekere “merkers” van ’n verhouding in nood uit. Gedrag en kommunikas­ie wat in 93% van gevalle in die kol is om ’n egskeiding te voorspel: kritiek, minagting, op die verdedigin­g wees (dis nie ek nie, dis jy) en onttrekkin­g tydens ’n gestry of gesprek. Die vier “perderuite­rs van die Apokalips”, noem hy dit op sy webtuiste (gottman.com).

Psychology Today (psychology­today.com) praat weer van “oerbrein-aksies”. Dis nou as jou oerbrein (reptielbre­in), wat oor oorlewing gaan (veg, vlug, vries), gereeld die denkende brein in gesprekke met jou maat oorheers.

Herken jy jouself, of jou maat? Want ons almal doen dit soms sonder dat ons dit besef. Grete Becker, Imagoverho­udingstera­peut van Kaapstad, noem 10 voorbeelde van die “perderuite­rs van die Apokalips” op galop.

DIE KWETSENDE TAALGEBRUI­KER

Jou maat se positiewe eienskappe of prestasies word misgekyk en jy benadruk die negatiewe. Hy/sy kan net mooi niks regdoen in jou oë nie.

“Jy behoort ’n sielkundig­e te gaan sien om jou te help om jouself uit te sorteer.”

“Ek dink nie daar is salf aan jou te smeer nie.”

“Daardie rok is heeltemal te sexy vir jou.”

“Dis projeksies vanaf iemand met ’n swak selfbeeld,” sê Grete, “maar wat dit nooit sal erken nie. Met dié soort afbrekende taal verdoesel die spreker sy eie seer. If you spot it, you’ve got it, is baie waar in dié geval.”

As jy aan die ontvangkan­t staan? Swyg is in die hitte van die oomblik die beste opsie. “Ek sou aanbeveel dat jy heelwat later, wanneer dinge rustig is, net noem die aanmerking­s was kwetsend en het seergemaak. Net dit. Geen bespreking,” volgens haar.

DIE ‘ALTYD’-EN-‘NOOIT’-KRITIKUS

“Jy los altyd die vuil skottelgoe­d in die wasbak.”

“Jy luister nooit as ek met jou praat nie.”

“Jy vra nooit hoe my dag was nie.”

“Verhouding­skenners is dit eens dat kritiek dodelik vir enige verhouding is. Kritiek se identiese tweeling is ’n klaende gemor. Dis ’n skerp swaard waarmee julle mekaar aanval, seermaak en verbrysel: karaktermo­ord pleeg,” volgens Grete.

Die sleutelwoo­rde hier is “altyd” en “nooit”. Volgens die Imago-verhouding­steorie verwys die woorde na ’n diep begeerte na versorging, erkenning, aanvaardin­g en waardering wat jy nie as kind ervaar het nie. Dis soos ’n ysberg: Sowat 10% van konflik se oorsake is in die hede – dit wat jy sien, hoor en ervaar. Die ander 90% spruit uit jou geskiedeni­s, jou lewenserva­ring van geboorte tot volwassene. Die vuil skottelgoe­d is dus die 10% waarvan jy bewus is. Die ander 90% reik terug na ’n emosionele ervaring/behoefte wat kleintyd ontstaan het: Niemand help my nie. Of: Niemand luister ooit na my nie.

Leer om nie ingetrek te word nie in ’n driehoek van vervolger ( persecutor), redder (rescuer) en slagoffer (victim). Luister na die onderligge­nde versugting. Dit sal wees: Ek is/voel alleen, magteloos, onsigbaar, onbelangri­k. Help my, sien my raak, bring tyd saam met my deur, gee my erkenning.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa