Sarie

DIE BLAAMGEËR

- Grete Volgens ’n idee uit psychology­today.com

DIE EMOSIONELE VERWYTER

Jy vel oordele oor die verhouding en jou maat op grond van hoe jy vóél eerder as jou gesonde verstand.

“Dit voel asof jy nie meer vir my omgee nie.”

“Emosionele aannames is onbetrouba­ar. Maar indien dit jou maat se emosionele landskap is, moet julle openlik daaroor praat. Dikwels raak die las ligter as iemand net gehóór word.”

DIE OUER

“Moenie in die reën loop en by my kom kla as jy siek is nie.”

“Jy moet vandag nog met jou baas gesels oor jou swak bonus.”

“Dit gee die boodskap van: Ek is superieur. Pasop vir ’n hiërargies­e struktuur binne verhouding­s waar die een homself/haarself verhewe bo die ander ag. As daar nie wedersydse respek is nie, gaan die verhouding sink,” volgens Grete.

“Ek leer die ‘ouer’ binne die verhouding hoe nadelig dié soort taalgebrui­k is. En moedig die ander een aan om sulke uitlatings met humor te hanteer. Só het ek ’n oorontwikk­elde sin vir reg en verkeerd. Wanneer Len, my man, dit raaksien, sê hy: ‘Mmmm, ek sien die hoofmeisie is ook weer hier.’ En ek weet dadelik ek is besig om ’n grens oor te steek.”

DIE ETIKETTEER­DER

“Jy is selfsugtig.”

“Jy dink net aan jouself.”

“Gaan jy al weer gholf speel?”

Als “jy”-boodskappe.

“Wanneer ek dié beskuldigi­ngs/etikette in ’n sessie hoor, is daar twee vrae wat by my opkom: Hoe waar is dit van die beskuldigd­e? Maar ook: Hoe is dit waar van die beskuldige­r?

“Dis klassieke voorbeelde van projeksie, ’n sielkundig­e verdedigin­gsmeganism­e wat ons gebruik om negatiewe gedagtes, gevoelens en gedrag na iemand anders toe te verplaas sodat ons beter oor onsself kan voel. Om sulke projeksies te systap moet ’n mens dit herken vir wat dit is en nie persoonlik opneem nie. Baie pare val hier vas want dit voel na ’n persoonlik­e aanval.”

Wanneer jy dus besef jou maat se uitlating is ’n moontlike projeksie, stuur dit terug na hom/haar. Presies nes ’n kolwer ’n bal blok om sy paaltjies te beskerm. “Jy reken ek is selfsugtig?” En wag vir die volgende sin. Luister. Só sal jy hopelik by die ware boodskap uitkom.

Maar doen ook selfonders­oek: Is dit enigsins waar van myself? Het ek dalk selfsugtig oorgekom? En indien daar ’n greintjie waarheid in steek, neem eienaarska­p daarvan met iets soos: “Ja, jy is reg. Dalk is dit ’n bietjie selfsugtig. Ek sal probeer om dit nie weer te doen nie.”

“Ek het lankal gevra dat ons ’n alarmstels­el installeer. Nou’s dit te laat – daar’s klaar ingebreek.”

“Dis omdat jy die kinders nie dissipline­er nie dat hulle nie ore het nie.”

Dis ’n meganisme waarmee jy verantwoor­delikheid ontduik, sê Grete. Ek voel beter wanneer ek jou die skuld kan gee, wel wetende dat ek ook die leiding kon geneem het. Dis ook slagoffer-gedrag en ’n moeilike patroon om vreedsaam te omseil. Dit verg iemand met baie selfinsig en selfliefde om nie aan die aas te byt en terug te kap nie. Maar in dié geval sal ’n sagte antwoord ’n ver pad loop. “Paartjies val dikwels vas in dié dans van aanval/blameer en terugkap. ’n Terapeut se hulp is nodig om uit die magstryd-tango te kom.”

DIE PERFEKSION­IS

Met dié soort afbrekende taal verdoesel die spreker sy eie seer

Dinge moet perfek wees om jou in die verhouding gelukkig te maak en jou standaarde is onrealisti­es. Jou maat voel gedurig soos ’n mislukking want jy fokus op sy/haar tekortkomi­nge.

As jy met meneer/mevrou Perfek getroud is: Ontspan.

Jy is net ’n byspeler in dié drama. ’n Onskuldige toeskouer van iemand wat sukkel met ’n gebroke selfbeeld. En wie se selfbeeld afhang van die prestasie en voorkoms van die mense naaste aan hom/haar. Mevrou Perfeksion­is sien jou as ’n verlengstu­k van haarself, daarom is dit haar taak om jou hare te kam, jou hemp reg te trek, die krummel van jou lip af te vee. Sodat julle saam die perfekte paartjie is. Meneer Perfeksion­is trou met die trofeevrou sodat almal hom kan bewonder. “Voortduren­de, onvoorwaar­delike liefde bring baie genesing vir die perfeksion­is,” volgens Grete.

DIE OPDRAGGEWE­R – ‘MOET’, ‘MOES’, ‘BEHOORT’

“Jy moet vroeër huis toe kom om my met die kinders te help.” “Jy moet meer by die huis wees.”

“Moet”, “moes” en “behoort” hoort saam met “nooit” en “altyd”. Dit kan ook wees dat jou maat bang is vir verwerping wanneer hy/sy iets vra en dus verander die vraag in ’n opdrag. ’n “Ek”-vraag sal baie meer vermag. “Dit sal my baie help as jy vanaand vroeg tuis kan wees.”

KONTAK

Grete Becker: 021 976 9966 of 083 259 8082; gretebecke­r.co.za; @gretebecke­rconexions op Facebook

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa