Sarie

Tuiskokke! RAAK SLIMMER MET SARIE

-

Jy het al sy resepte in SARIE en SARIE KOS bewonder en hom op TV gesien, nou kry jy die kans om deur hom touwys gemaak te word. Skryf in vir SLIMMER MET SARIE se aanlyn kookkursus deur Herman Lensing!

SLIMMER MET SARIE is ’n splinternu­we aanlyn projek wat enige entoesias in die kombuis die kans gee om meer oor hul stokperdji­e te leer of nuwe vaardighed­e baas te raak. In ons eerste kursus leer Herman Lensing, kosredakte­ur van SARIE en SARIE KOS, saam met ’n paar ander kenners vir jou 13 onontbeerl­ike tegnieke. Herman gaan vir jou moeilike sjefstegni­eke wys sodat jy dit in jou eie kombuis kan oefen. Hierdie is nie ’n gewone kosdemonst­rasie nie; dis die beginsels van kook en bak, die grondslagt­egnieke waarsonder geen sjef in die kombuis sal regkom nie. Die kursus sluit alles in wat jy nodig het: die resepte, wenke, raad en tegnieke om van jou ’n sjef te maak. Jy voorsien jou eie bestanddel­e.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa