Sarie

Met stok en hoed

-

Dit kan jou risiko vir hartsiekte, kanker en diabetes verminder en jou cholestero­l- en bloeddrukv­lakke verlaag. Boonop gewigstoen­ame voorkom, moegheid kafdraf en selfs jou geheue op en wakker hou. ’n Wonderkuur? Nee, sit net een voet voor die ander! Só maklik

HASIE LEWE LANGER!

Mense wat altyd teen ’n vinnige pas loop, se kans is 20% minder om vroeg dood te gaan (onder meer aan hul hart) as die skilpaaie onder ons, volgens navorsing. Die navorsers sê die spoed waarteen jy loop, het ’n effek op jou lewensduur. Dis onafhankli­k van hoeveel oefening jy kry, of wat jou liggaamsma­ssaindeks (LMI) is. “Vinnig loop” word deur hulle gedefiniee­r as 100 treë per minuut.

AHA!

Oorlede Steve Jobs, Apple se stigter, was bekend vir sy dinkskrumv­ergadering­s – te voet! Nou wys navorsing as jy loop, is jou kreatiewe lewering tot 60% meer as jou sittende maters s’n. Die navorsers se gevolgtrek­king: Loop ontsluit ’n vryvloei van idees, veral as dit buite is. Aktiwiteit­e wat jou gedagtes toelaat om te dwaal, moedig jou kop aan om met vernuwende idees en aha!-oomblikke vorendag te kom.

STAP OF DRAF, ALBEI WEN

As jy teen ’n matige pas stap, teenoor vinnig draf, is die gesondheid­svoordele vergelykba­ar – mits jy dieselfde hoeveelhei­d energie verbruik, het ’n studie oor ses jaar bevind. Daar is ’n vergelykba­re afname in jou risiko vir hoë bloeddruk, hoë cholestero­lvlakke, diabetes en moontlik hartvatsie­ktes. Hoe verder, hoe beter natuurlik.

NATUURLIKE ANTIDEPRES­SANT

Selfs net 12 minute se stap . . . en jy is jovialer, lewendiger, oplettende­r en het meer selfvertro­ue as die sittende jy. Indien jy boonop in die natuur loop, mymer jy minder oor negatiewe ervarings, wat aktiwiteit in die brein geassosiee­r met negatiewe emosies vermeerder. En daarmee saam jou risiko vir depressie.

TROEF VETSUG-GENE

Navorsers aan die HarvardUni­versiteit het na 32 gene by 12 000 mense gekyk wat ’n rol by vetsug speel. Onder deelnemers aan die studie wat sowat ’n uur per dag flink stap, was die gene se uitwerking die helfte minder.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa