Sarie

’N FEES VIR HONDE!

-

Hy is jou beste vriend, nè? In Nepal word jaarliks feesgevier om honde vir hul vriendskap en lojaliteit te bedank. En hoekom nie, hulle herinner ons elke dag daaraan om die klein dingetjies in die lewe te waardeer. Kukur Tihar, of Kukur Puja, is ’n mini-fees binne die groter Hindoe-viering van Diwali, die “fees van ligte”. Op dié dag, vanjaar op 14 November, word alle brakke, of hulle nou ’n huis het of nie, soos koninklike­s behandel. Gee joune ook ’n lekker happie.

Bron: welcomenep­al.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa