Sarie

SO SÊ HULLE OP SARIE.COM

-

Renée Rautenbach Conradie oor haar debuutroma­n, Met die Vierkleur in Parys (Protea Boekhuis, R195)

Die hoofkarakt­er, argitek Paul Roux, maak in 1900 in Parys met die “groen fee” kennis en sy lewe ontspoor effe. Vertel meer?

Toe ek nog in Frankryk gewoon het (my man, Leo, was ’n diplomaat), het ek dikwels gedink dat die stad in 1900 seker op sy wildste was, en gewonder hoe dit moes wees vir die Suid-Afrikaners wat in daardie jaar soontoe is om aan die ZAR se paviljoen vir die Paryse Wêreldskou te werk.

Dit was ook die begin van die Art Nouveau-beweging in argitektuu­r. Geboue het plesierig begin lyk met ronde lyne, en toe was dit die Impression­iste, mense soos Pablo Picasso en Auguste Rodin. Hulle het almal in die Montmartre-distrik gaan woon, en absint, die groen fee, gedrink. Paul is ’n buitestand­er. Tuis was ons in ’n oorlog gewikkel, terwyl diegene by die skou die beste van SA moes ten toon stel.

Dit was besonder moeilik. Paul is soontoe om ’n beter argitek te word. Daar aangekom, was die gebou reeds taamlik ver gevorder. Die Franse het hom uitgeskuif en hy moes hom met die pioniershu­is besig hou. Die paviljoen het uiteindeli­k niks van SA verteenwoo­rdig nie.

Paul se belangstel­ling was in die argitek, șLouis Michelț Thibault, en die Kaapse invloed. In Parys is hy skielik blootgeste­l aan Art Nouveau, ’n rigting waarby SA nooit uitgekom het nie. Ek dink dit was hartseer.

Lees die volledige onderhoud met Renée op SARIE.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa