Sarie

Rememberin­g Great Apes

-

Wildlife Photograph­ers United (Rememberin­g Wildlife, versprei deur HPH Publishing, R980)

Dié derde boek in die Rememberin­g Wildlife-reeks van vier fokus op die groot ape van ons planeet. Die ander boeke in die reeks is Rememberin­g Elephants, Rememberin­g Rhinos en Rememberin­g Lions. Uit die verkope van die asemrowend­e reeks is reeds meer as R13 miljoen ingesamel vir bewaringsp­rojekte in Afrika en Asië. Die foto’s word deur top-natuurlewe­fotograwe geskenk as hul bydrae om mense bewus te maak van die benarde lot van die diere wat op hul foto’s verewig is en om hulle te help bewaar.

Ek was bewoë terwyl ek deur die portrette van die gorillas, orangoetan­gs, sjimpanees en bonobo’s (pigmee-sjimpansee­s) geblaai het. Die emosies op hul gesigte is so naby aan dié van mense, hul gevoelvoll­e oë . . . Woorde kan nie beskryf hoe diep die foto’s my ontroer het nie. Die pragboek kry ’n ereplek in my huis waar ek dit heeltyd naby my kan hou. Phyllis Green

Vir meer oor die Rememberin­g Wildlife-projek, besoek SARIE.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa