Sarie

Die opstand van Poppie Nel, Hans du Plessis (Lapa Uitgewers, R300)

-

Dominee Lukas is op vakansie by die see wanneer ’n vrou onverwags in sy lewe verskyn. Diaken Gawie Galant nader hom om met Poppie Nel, die suster van ’n jeugvriend, te gesels. Volgens Gawie moet sy met iemand praat sodat sy haar ewewig kan herwin. Uit hul gesprekke ontvou Poppie se verhaal van jare lange seksuele misbruik deur die pastoor van haar kerk. En haar ma wat haar nie wou glo nie.

Hoewel die tema nie nuut is nie, word Die opstand van Poppie Nel op ’n nuwe manier vertel. Die ses stappe tot seksuele aanvoring word ingeweef in die verhaal, met woorde soos “opstand” en “opstaan” wat deurgaans slim gebruik word en die name van die karakters wat betekenis dra. Hans du Plessis verdien ’n pluimpie vir die lieflike taalgebrui­k en ’n verhaal wat die leser ondanks die swaar tema nie neerslagti­g laat nie. Karin Behrens

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa