Sarie

Due South of Copenhagen, Mark Winkler (Umuzi, R280)

-

Dié boek vertel die verhaal van Max Fritz se grootwordj­are op ’n klein Laeveldse dorpie. Hoe hy geboelie is en hoe dit end gekry het toe Karl Udengaard, die seun van ’n welgesteld­e gesin, op die dorp kom woon het. Karl leer Max hoe om homself te handhaaf, terwyl Max se gevoelens vir Gunna Udengaard,

Karl se enigmaties­e ma, in die geheim woed. Ons ontmoet die mense wat Max se lewe beïnvloed: sy ouers, Jilly en Willie, die skoolboeli­e Hunk Vermaak en Sarel Minnaar, ’n oudpolisie­man. Ons beleef sy ervarings in die vloot en op die grens gedurende die Grensoorlo­g. Terwyl dekades oue geheime ontrafel word, begin Max sy aandadighe­id aan die gebeure begryp. Ons hoor van kleindorps­e geniepsigh­eid en hoe ’n selektiewe geheue jou help oorleef.

Die uitnemende verhaal van intieme verhouding­s tussen mense wys wat dit verg om die verlede tot rus te bring. Die agteruitga­ng van die dorp vorm ’n uitstekend­e agtergrond vir die karakters se stryd.

Gert Venter

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa