Sarie

Middernag, Sidney Gilroy (Human & Rousseau, R300)

-

Sidney Gilroy het hom reeds met sy eerste spanningsr­oman, Klikbek, bewys as skrywer met wie rekening gehou moet word in ’n uitdagende genre. Met sy vasbythoud­ing is sersant

Sollie Mthembu ’n boeiende karakter. Jy wíl hê die speurder van Bloemfonte­in se Parkwegsta­sie moet slaag. Gilroy verweef die hoofstorie­lyn naatloos met Sollie se persoonlik­e verhaal en jy kan nie anders as om betrokke te voel nie.

Wanneer kaptein Brummels gevra word om die ondersoek na die moord op ’n vierjarige meisie van Harrismith te lei, besluit hy Sollie moet hom bystaan.

Op die misdaadton­eel besef Sollie daar is ooreenkoms­te met ’n onopgelost­e saak meer as ’n dekade gelede: Die Slagter van Universita­s was juis een van die redes waarom hy speurder wou word. Baie donkerte lê onder die oppervlak van die dorp en Sollie krap ’n onheilige nes van gebeure oop.

Met vele kinkels hou die verhaal jou aan die lees tot die onvoorspel­bare einde. Phyllis Green

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa