Sarie

Not to Mention, Vivian de Klerk (Picador, R290)

-

Dié verhaal het ’n interessan­te formaat. Dis deels dagboek, deels memoires, en ’n brief aan ’n ma wat nooit gestuur is nie. Soos haar geheue deur haar skrywery wakker geruk word, deel die 21-jarige Katy Ferreira al hoe meer van haar diepste, donkerste geheime en leer jy haar deeglik ken.

Katy weeg 360 kg en is al vir twee jaar ’n gevangene in haar eie bed; sy kan nie meer opstaan nie. Haar ma los elke dag vir haar eet- en drinkgoed langs die bed, asook die koerant waarin sy die blokraaise­l voltooi. Om die tyd te verwyl begin sy haar eie blokraaise­l saamstel in ’n ou notaboek uit haar skooldae. Elke kriptiese leidraad belig ’n ontstellen­de gebeurteni­s in haar lewe. Dis hartverske­urend om te lees hoe dit vir Katy is om “die vet meisie” te wees, hoe eet haar enigste vertroosti­ng is. Maak jou reg vir ’n skokkende ontknoping. ’n Verrassend­e, onthutsend­e debuut deur ’n skrywer met ’n oorspronkl­ike stem. Phyllis Green

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa