Sarie

EMOJI, ons nuwe ‘taal’

Die lief en leed

-

Die klein prentjies verklap meer as wat jy dalk besef. Dit kan maatskappy­e en digitale platforms help om ’n beter idee te kry van hoe jy voel – veral oor handelsmer­ke – en selfs gebruik word om jou deur spesifieke advertensi­es te teiken. Een voorbeeld is ’n 2018-veldtog vir die Toyota Camry met dosyne weergawes van ’n advertensi­e. Watter emoji jy onlangs op Twitter gebruik het, het bepaal watter weergawe jy sien. Dus: Deur die gebruik van emoji op ’n aanlyn platform oorhandig jy as’t ware netjies verpakte, sappige inligting oor jou emosies en belangstel­lings aan maatskappy­e. Terwyl ’n rekenaar dit moeilik kan vind om die toon van ’n teksboodsk­ap te verstaan, kan emoji ’n algoritme ’n lekker wenk gee. Só invloedryk is dit, maatskappy­e ding mee om hul produkte op emoji-sleutelbor­de te laat verskyn. Ford het in 2019 ’n stille veldtog gevoer om die Unicorn Consortium te oorreed om ’n bakkie-emoji goed te keur. Dié behoort reeds op ons toestelle te wees, hoewel sonder die Ford-handelsmer­k. Taco Bell, die kitskosres­taurant, het sy gewig agter ’n petisie vir ’n taco-emoji gegooi, wat suksesvol was. Maar nie Durex se veldtog vir ’n kondoom-emoji nie. Bron: vox.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa