Sarie

Blinkers & blou see Ons Bruidspaar vd Jaar!

- FOTO’S STEPHANIE VELDMAN PHOTOGRAPH­Y

Ons troudag was absoluut perfek! Ek is seker elke paartjie dink dieselfde van hul groot dag, maar alles was presies soos ons dit visualisee­r het. Ons wou graag op die strand trou en die weer (veral vir Augustus) kon nie beter gewees het nie. Dit was soos ’n somersdag. Ons wou ook ’n troue gehad het wat nie styf is nie en waar almal van die begin af saam met ons kon feesvier, en dit is presies hoe dit was. Toe ons ingestap het by die skemerkelk­ies in die tuin, het ons die Joodse “hora” gedans en dit het almal in ’n feestelike luim gesit. Almal het heeltyd gelag en lekker saamgekuie­r. Dit was ekstra spesiaal om by die lodge te trou omdat dit die huis is waarin my ouma en oupa gebly het en waar my pa grootgewor­d het. Vir ons was dit besonders om ons families bymekaar te hê in ’n plek wat soveel goeie herinnerin­ge en sentimente­le waarde vir ons het. – Mart-Mari

Die skoonheid van eenvoud, ’n blou see, selfs ’n geliefde hond wat spesiale oomblikke deel, maak dié troue iets besonders. Die blinkers op haar trourok wat die somerson weerkaats, word slegs deur die oënskynlik­e vreugde van dié gelukkige paartjie oorskadu.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa