Sarie

Geldsake: Dié foute maak veral vroue

- DEUR

Kim Potgieter was meer as dertig jaar in ’n emosionele stryd gewikkel

– met geld.

Deesdae is sy ’n suksesvoll­e finansiële beplanner en skrywer van vier boeke oor geldsake* (haar jongste, 30 Money Mistakes Women Make and Ways to Get Back on Track, het pas as e-boek verskyn), maar selfs nou nog voel sy soms die ongemak, vrees en skaamte wat sy as jong meisie gevoel het – juis as gevolg van geld, vertel sy.

Vir Kim het dié moeilike pad in haar ouerhuis begin.

“In ons huis was my pa in beheer van die beursie – hy het vir my ma ’n toelae vir die huishoudin­g gegee. Om bedags televisie te kyk was verbode, die vrieskas was in die garage agter geslote deure en die telefoon is toegesluit. Ek onthou nog hoe angstig ons gevoel het wanneer my ma by hom gepleit het vir ekstra geld om Kersgesken­ke te koop.”

Dit was nie omdat haar pa min verdien het nie – daar was oorgenoeg. Kim het later agtergekom dit was ’n manier waarop hy haar ma kon beheer, hy het haar deur geld “geboelie”. Hy het dit ook as ’n simbool van sukses en status gebruik, weelderige partytjies by hul huis gehou en duur geskenke vir ander mense gekoop om hulle te beïndruk. “My ma het geheel en al haar mag aan my pa oorhandig. Hulle het ’n disfunksio­nele verhouding weens geld gehad, maar ek het steeds voor my maats hard probeer voorgee dat alles ‘normaal’ is, soos in hul ouerhuise.”

Kim se “geldstorie”, soos sy dit noem, het haar ingesteldh­eid oor finansies gevorm. Sy het haarself voorgeneem dat sy nooit sal toelaat dat iemand haar met geld beheer nie, en om eendag finansieel onafhankli­k te wees.

Dit het baie tyd en emosionele energie geverg, maar mettertyd het Kim begin verstaan dat sy wanopvatti­ngs oor geld gehad het wat nie goed was vir haar nie.

“Ek het byvoorbeel­d geglo as ek net genoeg geld het, sal ek veilig en geborge voel. Maar dit laat jou nie veilig voel nie. Geborgenhe­id gaan oor hoe jy binne jouself voel. Ek het ook geleer dat geld jou nie mag gee nie.

SUZETTE TRUTER

“Vandag weet ek geld is net ’n betaaleenh­eid. Dit het geen ander betekenis as dat dit jou in staat stel om dinge daarmee te doen nie. Dit gee jou nie status nie, dit waarborg nie liefde, gesondheid of geluk of nie. Dis net geld.”

Sy het ook foute gemaak, soos om te oorkompens­eer – sy het vir haar oudste seun alles gekoop wat sy as kind moes ontbeer. Later het sy besef dat hy nie regtig wou hê wat sy gedink het nie.

Met dié nuwe insig en haar man se hulp het hulle hul twee jonger kinders met ’n meer gebalansee­rde uitkyk oor die waarde van geld grootgemaa­k.

Kim het die afgelope twaalf jaar as finansiële beplanner (sy werk by Chartered Wealth Solutions) dikwels vroue teëgekom wat die verantwoor­delikheid om hul geld te bestuur aan ander mense oorhandig het omdat hulle nie die selfvertro­ue of moed het om dit self te doen nie. Dikwels met rampspoedi­ge gevolge. Juis daarom het sy haar jongste boek geskryf – om vroue te inspireer om beheer van hul eie geldsake te neem.

Natuurlik is ál meer vroue broodwinne­rs en hoofde van huishoudin­gs en hulle hanteer hul eie finansies, maar party vroue voel steeds gemarginal­iseer as geldsake ter sprake kom, sê sy. Selfs finansiële beplanning is tradisione­el op mans gemik – wanneer paartjies met hul beplanner vergader, is die man in baie gevalle steeds die hoofkontak­persoon

(en besluitnem­er) en die vrou word onbewustel­ik opsy geskuif.

As kind het sy sekere wanopvatti­ngs oor geld aangeleer wat haar hele benadering tot finansies bepaal het. Dit was ’n lang pad tot nuwe insigte, maar vandag help finansiële beplanner Kim Potgieter ander vroue om beheer van hul geldsake te neem

“Vroue is ook geneig om anders na finansiële beplanning te kyk – hulle stel meestal nie net in beleggings­risiko’s, opbrengste en bates belang nie, hulle wil ook hul finansiële doelwitte en hul lewensdoel­witte integreer. Jy gaan dit nie kan doen as jy nie aanklank vind by jou beplanner of as jy voel dis ’n one-size-fits-all-benadering nie. Daarom is dit belangrik om ’n onafhankli­ke gesertifis­eerde finansiële beplanner te kry van wie jy hou, iemand wat luister na jou insette en dit respekteer– ook jou drome en doelwitte vir jou lewe,” sê sy. >

 ??  ??
 ??  ?? FOTO XAVIER PHOTOGRAPH­Y
FOTO XAVIER PHOTOGRAPH­Y

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa