Sarie

Aktrise Daniah de Villiers: Dís die jaar om my liedjies te deel

- FOTO CHRISTELLE LEUVENNINK VAN LOCAL TRUTH – Suanné Mulder

Halfpad deur 2021 wil sy klaar wees met matriek. En dan doen wat sy régtig wil doen. “Tuisonderr­ig maak dat ek baie meer buigsaam is. Ek wil steeds toneelspee­l, maar ook op my sangloopba­an fokus. Ek het ’n paar liedjies geskryf wat nou al te lank in my kas lê. Dís die jaar waarin ek dit met ander wil deel.”

Die 17-jarige aktrise Daniah de Villiers weet duidelik waarheen sy op pad is. Sy spog reeds met ’n titelrol in ’n internasio­nale film, Mia and the White Lion (2018), en plaaslik was sy te sien in treffers soos Vaselinetj­ie en Nul is nie niks nie asook in kykNET se Binnelande­rs . Ook vir háár het 2020 onverhoeds betrap. Dit was veronderst­el om ’n besige jaar te wees, maar baie projekte moes uitgestel word. Sy laat haar egter nie onderkry nie.

Haar ouers het haar geleer dat niks onmoontlik is nie: “Al droom ek hoe groot, hulle het my die denkpatroo­n aangeleer dat ek enigiets kan bereik.”

Haar droomrol? “’n Film wat ek self geskryf het . . . ’n heldin of ’n female warrior, natuurlik.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa