Sarie

Mense wat omgee

Twee verskillen­de families, twee uiteenlope­nde projekte in die uithoeke van Suid-Afrika, maar almal het een ding gemeen: ’n hart vir hul omgewing

- DEUR SUZETTE TRUTER

Wanneer Lilly Otto ’n oproep kry met die nuus dat ’n dier iewers in die bos in ’n strik verstrenge­l is, staal sy haar instinktie­f vir wat op haar en die veearts wag. Sy het al álles gesien, van ’n leeu met ’n draad deur haar bek, ’n hiëna wat byna doodgewurg het, tot ’n sebra wie se poot deur ’n ál dieperword­ende sny verrinnewe­er word.

Dis ’n hartverske­urende gesig waaraan jy nooit gewoond raak nie, sê Lilly.

“Dis moeilik, maar jy moet sterk wees en deurdruk, want jy is daar om hulle te help. Die bevredigin­g as jy die dier wel kan help en net daar vrylaat, is onbeskryfl­ik.”

Danksy die opbrengs uit Down to the Wire, ’n projek wat Lilly en haar broer, Troy, begin het om draadstrik­ke in juweliersw­are te omskep, kon hulle al talle beseerde diere red. Hulle sit ook alles in om mense bewus te maak van dié euwel, wat wêreldwyd tot die dood van miljoene diere lei.

Die Otto’s het in die bos grootgewor­d en hulle van kleins af in die skoonheid van die natuur verlustig, maar hulle het ook die lelike dinge gesien waartoe die mens in staat is, soos vergiftigd­e leeus en renosters wat vir hul horings doodgeskie­t is. “Die meeste mense weet van dié vernietigi­ng, maar min besef hoe skadelik en algemeen stropers se strikke is. Ons wou iets doen,” sê Lilly.

Twee jaar gelede het Troy die blink plan gekry om iets te maak met die hoop draadstrik­ke op hul werf – hulle woon op ’n wildplaas naby Gravelotte, ’n dorp sowat 50 km van Hoedspruit in Limpopo, waar hy die bestuurder is. “Ons wou iets inspireren­ds, nuttig en mooi daaruit skep, wat ook ’n simbool van hoop is en mense bewus maak van die probleem,” vertel hy.

Die resultaat was ’n reeks unieke juweliersw­are met onder meer armbande, oorbelle en ringe. Nie dat hul eerste pogings (“skreeusnaa­ks”, is Lilly se beskrywing) iets was om oor huis toe te skryf nie – al het hul vriende hulle lojaal ondersteun!

“Nie ek of Troy het enige opleiding in juwelierso­ntwerp nie – ek is ’n gekwalifis­eerde paramediku­s. Maar ons is albei kreatief en het nog altyd daarvan gehou om iets van niks te maak. Ons het eers op armbande gefokus. In die proses het ons ons hande verbrand, eelte ontwikkel, ek het ’n hele paar naels verloor en ’n elmboogbes­ering opgedoen. My arms was later supersterk . . . Maar ons was só gedrewe, ons wou dit laat werk. Mettertyd het ons begin besef: Sjoe, dié armband lyk nou eintlik besonder cool . En twee weke later . . . nóg beter. Die eindproduk het net al hoe mooier geraak soos ons geleer en nuwe metodes ingespan het,” sê Lilly.

Die projek het gou aftrek gekry en deesdae kry die twee selfs spesiale versoeke, soos toe ’n bruid hulle gevra het om vir al haar strooimeis­ies spesiale armbande te maak. “So ’n geskenk is uniek – daar is net iets daaraan om te weet jy dra ’n armband wat gemaak is van ’n stuk draad wat eintlik ’n dier sou doodmaak . . . en die opbrengs kan weer ’n ander een red.”

Omdat Troy bedags voltyds op die plaas besig is, het Lilly ’n permanente assistent wat met die harde werk help, sodat sy kan fokus op die fyner items soos oorbelle, ringe, sleutelhou­ers en boekmerke. Sy gaan dikwels saam met die veearts veld toe sodra hulle hoor van ’n beseerde dier. Nadat die dier verdoof is, word die draad verwyder en die wond behandel. Ongelukkig kan party nie gered word nie en ál uitweg is om hulle uit hul lyding te verlos.

“Soms stap ’n dier met sy kop reg in >

Om ’n dier se lewe te red is die hart en siel van die projek

Troy en Lilly Otto van Down to the Wire

< ’n strik in en breek dan los. Hy kan vir dae met die draad om sy nek loop wat al hoe stywer en stywer trek totdat hy sterf. Dis ’n stadige, pynlike dood.”

Hul pa, ook ’n wildplaasb­estuurder, het hulle van kleins af respek vir die natuur geleer en die gesin was altyd pleegouers vir al wat ’n wesie is – sebras, ystervarki­es, impalas, njalas. Lilly het ’n foto van haar as sewejarige wat met ’n vlakvarkie in die bed sit!

Sy en Troy was nog altyd ’n lekker span. ’n Paar jaar terug het hulle

R50 000 ingesamel vir ’n seuntjie wat aan spierdistr­ofie ly. Hulle het sonder enige hulp oor agt dae 50 km langs die kus van die Griekse eiland Zakynthos geswem en hul eie bootjie met al hul bagasie agter hulle aan getrek. “Ons hou van avontuur,” sê sy.

Hulle gaan gereeld saam met vrywillige­rs om die bos vir draad- en kabelstrik­ke te fynkam. Onlangs het so ’n soektog op twee groot wildplase byna 100 strikke opgelewer.

Soos die grendeltyd toerisme tot stilstand gebring het, het dit ook sy tol op hul ondernemin­g geëis omdat kuriowinke­ls en lodges, waar baie van hul produkte verkoop word, gesluit was. Gelukkig het hulle steeds van reg oor die wêreld bestelling­s gekry danksy hul Instagram- en Facebookbl­aaie.

Troy beskryf die wonder om ’n dier se lewe te red as die hart en siel van die projek – iets wat hy hoop nooit sal vervaag nie. Vir hom is elke dier ’n hoogtepunt, maar ’n gunsteling­oomblik was toe hulle ’n waterbok van ’n knellende draad om sy bek bevry het. “Dit was meer as 40 grade Celsius, en hy kon dae lank nie eet of drink nie. Die oomblik toe ons die draad afkry, het hy reguit water toe gehardloop en sy hele gesig daarin gedruk . . . daardie prentjie sal my altyd bybly,” sê hy.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 1. Lilly en Troy Otto. 2. Lilly by Kamp Jabulani, Hoedspruit. 3. Silwer D2TW-armbande. Die gedraaide armbande is ten bate van die bewaring van ietermagôs. 4. Die gespe van Troy se belt is gemaak van ’n enkele draadstrik. Dit was ’n beperkte hoeveelhei­d. 5. Trotse ondersteun­ers van Down to the Wire. 6. Tydens ’n soektog na strikke op ’n Groot 5-reservaat. 7. Die koper-D2TW-armband is hul gewildste verkoper. FOTO’S VERSKAF
1. Lilly en Troy Otto. 2. Lilly by Kamp Jabulani, Hoedspruit. 3. Silwer D2TW-armbande. Die gedraaide armbande is ten bate van die bewaring van ietermagôs. 4. Die gespe van Troy se belt is gemaak van ’n enkele draadstrik. Dit was ’n beperkte hoeveelhei­d. 5. Trotse ondersteun­ers van Down to the Wire. 6. Tydens ’n soektog na strikke op ’n Groot 5-reservaat. 7. Die koper-D2TW-armband is hul gewildste verkoper. FOTO’S VERSKAF
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa