Sarie

146 Wees gelukkig(er)!

Geluk lyk vir elkeen anders. Vir jou is dit dalk om vrede te maak met wie jy is. Of ’n netwerk vriende wat jou aanvaar nes jy is. Of die vryheid om jou grootste drome na te jaag. Wat ook al, ’n gelukkiger, meer bevredigen­de lewe is binne ons almal se bere

-

LIG DAAI VOETE

Maag in, skouers terug en swaai daai arms! Jy gaan sommer ook meer positief voel, sê wetenskapl­ikes. Selfs al voel jy ’n bietjie af, sal so ’n regop en energieke houding jou spreekwoor­delik jou kop laat optel. Lig terselfder­tyd jou mondhoeke en rugsteun dit met positiewe gedagtes. Wanneer jy glimlag asof jy dit bedoel, kan jy jou breinchemi­kalieë verander en gelukkiger voel.

HOE MEER SIELE . . .

Een van die vyf vernaamste dinge waaroor sterwendes spyt is, is dat hulle nie in kontak met familie en vriende gebly het nie. Dit laat jou goed voel om tyd deur te bring saam met mense wat vir jou omgee. Studies wys hoe meer sulke verbinteni­sse jy het, hoe gelukkiger is jy. Vind voorts maniere om by jou gemeenskap betrokke te raak en help ’n vriend in nood. Dit verbeter jou geestelike gesondheid en welstand.

SMOOR DIE KRITIKUS BINNE JOU

Daai een wat jou aanmekaar vertel alles is nie so dooddollie­s nie. Probeer agterkom wanneer dit beheer van jou bui oorneem. Soms het die stem ’n punt beet en laat weet jou jy moet aandag aan iets gee. Ander kere maak dit egter ’n berg van ’n molshoop. Vra jouself af: Is dit waar?

OMRING JOU MET POSITIEWE MENSE

Geweet ander se emosies is aansteekli­k? Jy wil dus mense in jou lewe hê wat vol selfvertro­ue, gesond en positief is. Jy gaan waarskynli­k agterkom dit het ’n positiewe effek op jou en laat jou goed voel. En dan kan jy weer ander met jou positiwite­it aansteek.

ONTHOU DIE ‘HOEKOM’

Wanneer jy weet wat jou doel is – hoekom jy werk, oefen of iets vir iemand anders doen – gee dit jou lewe betekenis. Dis maklik om te vergeet in die harwar van ’n gewone dag. Neem ’n oomblik om jouself daaraan te herinner. Geluk is meer as kortstondi­ge plesier. Dit lê ook in die genoegdoen­ing van jou doelwitte najaag.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa