Sarie

148 Welwees sonder foefies ons lewensboei

-

COns het hulp nodig. Covid-19 het ons nie net fisiek afgetakel nie, maar ook emosioneel. En welwees is nou die lewensboei om liggaam en gees te genees. Vele kenners en kundiges reik die hand en hier speel die internet ’n belangrike rol

DEUR LYDIA VAN DER MERWE

ovid-19 was ’n wekroep vir die wêreld.

In ’n kwessie van weke is honderddui­sende mense dood, miljoene geïnfektee­r en die helfte van die wêreldbevo­lking in een of ander vorm van inperking. Was daar ooit vantevore ’n tyd wat soveel mense dwarsoor die aardbol se emosionele en fisieke gesondheid so vinnig en so gelyktydig getaan het?

Welwees (wellness) het ’n lewensboei geword waarna baie mense gryp: Om die emosionele, fisieke en geldelike onsekerhed­e te hanteer wat rondom die pandemie uitkring. Nou ja, welwees is jare al ’n gonswoord. Die bedryf se waarde wêreldwyd is twee jaar gelede op ’n allemintig­e $4 triljoen geskat, volgens ’n verslag van die Global Wellness Institute (GWI). Dis min of meer die gekombinee­rde BBP (bruto binnelands­e produk) van Kanada en Brittanje saam. En die dienste wat dit omvat, so wyd soos die Heer se genade.

Die pandemie het egter ’n belangrike skuif meegebring: ’n Behoefte om terug te keer na die basiese of essensie van welwees. Weg met foefies, soos Goop-kerse teen $100 elk, of ’n ooievaarst­ee met ’n CBD-tema soos Kim Kardashian s’n. Soos Vogue sê: “Geen kristalle nie, geen spoggerige gimnasiums nie.” En: “Self-isolasie laat ons terugkeer na die grondslag van welwees. Nie as ’n trend wat jy saam met duisende ander slaafs navolg nie. Maar so eenvoudig soos om na jouself en ander om te sien.”

Dis om proaktief te werk aan jou fisieke, emosionele en geestelike gesondheid, volgens die GWI. ’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees, het die oumense gesê. Vandag weet ons die teenoorges­telde is net so waar. Sonder ’n gesonde kop kan talle krankhede jou lewenspad versuur. Die fokus op emosionele gesondheid is dan ook die dryfkrag agter baie welwees-tendense. Emosionele welwees beteken jy verstaan jou gevoelens en hanteer stres doeltreffe­nd. Wat weer verband hou met ontspannin­g, stresvermi­ndering, selfsorg (selfcare) en die ontwikkeli­ng van innerlike bronne en sterktes sodat jy deur lewenserva­ringe kan leer en groei.

“Selfsorg en selfontwik­keling was altyd belangrik in suksesvoll­e mense se lewe,” sê Rolene Strauss, voormalige

Mej. Wêreld, gekwalifis­eerde mediese dokter, entreprene­ur en lewensafri­gter met die fokus op selfvertro­ue. “Ek glo wel die pandemie het meer klem op die belangrikh­eid van geestelike en emosionele gesondheid geplaas.” (Lees ook die kassie op bl. 150.)

Hoe lyk ons emosionele gesondheid terwyl Covid-19 ’n groot deel van 2020 ingesluk het? Beroepslui was tydens die pandemie meer gestres as voorheen, volgens die mediese fonds Profmed se jaarlikse strespeili­ng onder sy lede. Byna die helfte het gesê stres het ’n fisieke en emosionele uitwerking gehad. Sowat 73% van dié met hoë stresvlakk­e het nie na enigiemand uitgereik om te gesels of hulp te kry nie. Net sowat 2% het profession­ele hulp gekry, ten spyte daarvan dat mediese fondse die gebruik van telemedisy­ne aanmoedig, het Craig Comrie, uitvoerend­e hoof van Profmed, gesê.

Sowat 39% van respondent­e het meer negatiewe gedagtes gehad as voor die inperking en 14% was meer buierig. Dít terwyl positiwite­it nodig is vir emosionele veerkragti­gheid, om terug te bons ná terugslae, volgens dr. Wilhelmina Erasmus, psigiater van Pretoria. “Mindfulnes­s , om bewus te wees van jou emosies, is nodig om jou psigiese gesondheid te verbeter.” Sy vra tereg of die tweede coronaviru­s-golf dalk nie fisiek gaan wees nie, maar ’n toename in psigiese siektes. >

< “Negatiwite­it is net so aansteekli­k soos die virus. Ons moet aan ons emosionele veerkragti­gheid werk en beheer neem.”

Nou ja, dit was sekerlik nie net profession­ele mense wie se stresvlakk­e die hoogte in geskiet het nie. Waar sal ons hulp vandaan kom? In die eerste linie is sielkundig­es, of “kopdokters”. Hulle het lankal die Freudiaans­e rusbank agtergelaa­t – al wil meme dit nie laat los nie – en staan met albei voete in die 21ste eeu. Covid-19 het terapeut en kliënt gedwing om die tegnologie­se era te omarm.

Sowat twee derdes van mense met ’n psigiese afwyking soek nooit profession­ele hulp nie, volgens die WêreldGeso­ndheidsorg­anisasie (WGO). Die grootste struikelbl­okke is stigma, tyd, koste en beskikbaar­heid. Vir twee hiervan, tyd en stigma, bied telesielku­nde ’n oplossing. Jy kan dit in die privaathei­d van jou huis doen en hoef nie deur die verkeer te worstel nie. Toegegee, ons is almal hartlik sat om in die kuberruim ons lewe te leef. Maar telesielku­nde het dalk genoeg gom om te bly kleef lank nadat die pandemie verby is, volgens die nuustydskr­if Time.

Daar is egter nie net een manier om emosionele groei te fasiliteer nie. Jy as individu het ’n keuse, kan iets vind waarby jy aanklank vind. Sy is dankbaar vir die oplewing in selfverbet­ering, sê dr. Hannetjie van Zyl-Edeling, sielkundig­e en hipnoterap­eut van Johannesbu­rg. “Hoe meer mense bereid is om beter insig in hulself te kry, hoe beter.”

Nou kon mense tydens die inperking in twee groepe verdeel word: Dié wat uit pure angs voor die TV gevries het. En nog ’n groep wat ywerig aan hul growwe kante begin skaaf het. Leefstylaf­rigting is dan ook een bedryf wat tussen al die ellendes deur bly blom. In 2018 het dit internasio­naal die naasvinnig­ste gegroei, volgens die ouditeursf­irma Pricewater­houseCoope­rs (PwC).

Die groot verskil tussen terapie en lewensafri­gting is die fokus. Terapie fokus op geestesges­ondheid en emosionele genesing. Dr. Van Zyl-Edeling sê: “As jy jou innerlike programmer­ing wil verander, besoek ’n opgeleide terapeut wat by die Raad vir Gesondheid­sberoepe geregistre­er is.”

Lewensafri­gting se fokus, weer, is persoonlik­e bemagtigin­g, motivering en strategieë om jou drome te definieer en te bewaarheid. As jy dus voel jy is in ’n groef en wil jou potensiaal bereik. Die lewensafri­gter het nie enige indiepteop­leiding in psigiese gesondheid nie en is nie toegerus om psigiese toestande te diagnoseer en behandel nie. (Tensy hy natuurlik as sielkundig­e opgelei is.)

Dr. Van Zyl-Edeling: “As jou toon seer is, kan jy ’n pleister opplak. Maar as dit morsaf gesny is, moet jy meer oordeelkun­dig wees. Oftewel: Sal jy jou blindederm laat uithaal deur iemand wat net in ’n handboek gelees het hoe?”

’n Probleem is dat net mooi enigiemand homself vandag ’n lewensafri­gter kan noem en dat onbekwame mense groot skade aan die bedryf se reputasie doen, volgens die

Negatiwite­it is net so aansteekli­k soos die virus

Dr. Wilhelmina Erasmus

Hoe meer mense bereid is om beter insig in hulself te kry, hoe beter

Dr. Hannetjie van Zyl-Slabbert

Internasio­nale Federasie vir Afrigters of ICF (becomea.coach). Die bedryf is nie gereguleer nie en jy het nie ’n lisensie nodig nie.

Daar is egter soveel geleenthed­e tot selfverbet­ering, jy hoef soms nie eens jou leunstoel te verlaat nie. Baie mense gebruik YouTube om hul insigte oor te dra. Soos Amy Cuddy, ’n sosiale sielkundig­e en professor aan Harvard. Haar TED-praatjie “Your Body Language Shapes Who You Are” is op een na die meeste nóg gekyk. Sy moedig vroue aan om hul maag in en skouers terug te trek en hul beste Wonder Woman-houding in te neem voor ’n stresvolle werksituas­ie. En is bekend vir die uitdrukkin­g: “Fake it until you become it.”

Brené Brown, Amerikaans­e professor, navorser en skrywer, se praatjie “Vulnerabil­ity” is vierde op die gewildheid­slys. Sy is ook die eerste navorser met ’n verfilmde lesing, “The Call to Courage”, op Netflix. Dan is daar goeie apps waarmee jy jouself kan verryk. Só het gebruikers van die meditasie-app Headspace (headspace.com) tydens die inperking negentienv­oudig toegeneem.

Dus: Daar is geen verskoning om in jou groef te bly vassit nie. Wees egter gewaarsku, ghoeroes, sprekers en kundiges: Algemene motivering­sprogramme is deesdae minder gewild, volgens John LaRosa van Marketdata LLC (blog.marketrese­arch.com). Baie verbruiker­s soek meer praktiese programme wat hul tyd en geld werd is. Programme en filosofieë soos die “wet van aantrekkin­gskrag” (law of attraction) het baie beloof maar min resultate gelewer.

KONTAK

Dr. Van Zyl-Edeling: 082 460 4575, han@emlct.com; drhannetji­e.co.za (kyk veral na die afdeling oor Coping with Covid-19); za.pinterest. com/hannetjie7­77/_created/

Suid-Afrikaanse Depressiee­n-Angsgroep (SADAG):

0800 21 22 23, 0800 70 80 90 of 0800 45 67 89; sadag.org; WhatsApp-ondersteun­ing:

076 882 2775

Lifeline: 0861 322 322

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa