Sarie

Gesig van die maand: Trevor Noah

TREVOR NOAH

- – Magdel Muller

’n Klein begin in 2002 met ’n rol in Isidingo, toe ’n eie radioprogr­am op YFM en Tonight with Trevor Noah op M-Net . . . Maar dit was ’n dare om as skerpskert­ser op die verhoog te verskyn wat die seun van Soweto een van Hollywood se grotes sou maak. Met sy eenmanvert­onings plaaslik ’n sukses, neem Trevor Noah That’s Racist in 2011 oorsee en beland op The Tonight Show, die eerste Suid-Afrikaner nóg. Sy internasio­nale deurbraak kom in 2014 toe hy mede-aanbieder van The Daily Show saam met

Jon Stewart word en in 2015 die stoel oorneem. Sedertdien kry die wêreld nie genoeg van hom nie. Sy 2015-outobiogra­fie, Born a Crime, was ’n New York Times-topverkope­r en tans word dit in ’n fliek omskep met Oscar-wenner Lupita Nyong’o as sy ma, Patricia.

2020 was ook vir hom ’n moeilike jaar met verskeie vertonings wat gekanselle­er is. Maar as een van die hoogs betaalde komediante tans, volgens Forbes, en as aanbieder van die Grammys in 2021 het hý baie om oor te glimlag.

 ?? FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES ??
FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa