Sarie

Kuberkuier: Antofagast­a, Chile

Die Chilene is so passievol soos hul taal, skryf Tania Venter, wat vir Spaanse leerders Engels leer in hierdie land. Vanjaar kyk dié oud-Jeffreysba­aier terug op twee gelukkige jare hier

- DEUR LIESEL PIENAAR

Hoe het jy in Chile beland?

Ek wou graag oorsee werk – maar nie op die gewone plekke nie – en het in 2018 op ’n webwerf met buitelands­e poste geregistre­er. Ná vele maande het ’n pos by ’n skool in die stad Antofagast­a in Chile opgekom. Dit het net reg gevoel en ek het dadelik aansoek gedoen.

Ek het nie veel van Chile geweet nie, maar is steeds hier – supergeluk­kig!

Die kultuur is so anders as ons eie. Die Chilene is uitgesprok­e, vol selfvertro­ue en nie skaam vir enigiets nie.

Wat doen jy by die skool?

Ek is ’n gr. 4-klasonderw­yseres by ’n internasio­nale skool vir Spaanse leerders. Engels is hul tweede taal, so dis nie so maklik nie. Dit forseer jou half om Spaans te leer, vir my ’n goeie ding.

Vertel van hul taal?

Die Chilene praat geweldig vinnig en in ’n ander dialek as die res van SuidAmerik­a. Daar word gereeld gesê, as jy Spaans in Chile kan leer, dan is jy goed! Ek leer by my leerders en by my woonstelma­at van Argentinië. Maar jy moet wil probeer, en foute maak, om te leer. My leerders het darem ook al ’n bietjie Afrikaans geleer. Baie woorde stem ooreen, bv. “meubels” is “muebles”, “gratis” is presies dieselfde as ons “gratis”. Dis ’n passievoll­e taal, nes die Chilene.

Vir watter kos is Chile bekend?

Empanadas, ’n pastei met vulsels wat wissel van seekos tot biefstuk wat hulle diepbraai of bak. Ceviche is die ander bekende gereg, gemaak van rou seekos wat in suurlemoen gepiekel word. Seekos is volop en die kusstrook bekend as die rykste aan seelewe in die wêreld.

Hoe sosiaal is die mense?

Die Chilene is vrolike mense, altyd reg om iets te vier. Dan drink hulle rooiwyn of pisco sours, brandewyn gemeng met suurlemoen­sap, baie suiker en eierwit. Nogals iets om te proe! Peru en Chile stry tot vandag toe wie s’n die beste is.

Hoe is die vervoer?

Ek gebruik meestal micros, minibusse met nommers vir die roetes. Jy betaal 600 pesos (sowat R12) en ry dan tot waar jy wil. Dis gerieflik, maar ek weet ook nou hoe dit voel om inkopiesak­ke tot by die naaste busstop te dra!

Daar is baie aardbewing­s?

Ja, Chile is op meer as een verskuiwin­gslyn geleë en altyd op ’n gereedheid­sgrondslag. Antofagast­a is aan die kus, dus is ’n tsoenami ook ’n moontlikhe­id. Ons doen gereeld veiligheid­sroetines by die skool. Die eerste keer toe ek die waarskuwin­gsbordjies langs die pad sien, was dit nogals ’n skok. As die sirenes afgaan, moet almal ontruim en na die aangewese plekke beweeg. Geboue word gebou met geweldige sterk koperkabel­s, wat voorsienin­g maak vir aardbewing­s. In 2008 het ’n aardbewing en tsoenami in Chile 8 000 lewens gekos.

Ek het een oggend drieuur wakker geword van ’n geskud. Dis toe ek saam met my kamermaat uitgehardl­oop het. Ons kon die staalstruk­ture van die gebou hoor. Dit was angswekken­d. Die aardbewing was 6,9 op die Richterska­al.

Is goedere duur of goedkoop?

Nogal duur. Antofagast­a is boonop in die woestyn, dus word kos en ander produkte van elders ingevoer. Hier is wel markte, mercados, waar vars vrugte uit Peru vir ’n appel en ei verkoop word.

< Ek ontdek nog elke dag straatjies en kafeetjies. Dis vir my heerlik om net te stap (soms verdwaal ek) en mense te ontmoet en nie bang te wees nie. Almal is behulpsaam, des te meer as hulle hoor jy kom van Suid-Afrika. Muy legos! Por que? Baie ver! Hoekom is jy hier? is gewoonlik die reaksie.

Die Atacamawoe­styn is die . . .

droogste plek op aarde. Dit reën byna nooit, met ’n gemiddeld van 1 mm ’n jaar. Die landskap is iets buitewêrel­ds met geen gogga of grassie te sien nie. Hier vind jy besienswaa­rdighede soos die Valle de la Luna, ’n rotsformas­ie wat lyk soos die maan se oppervlak.

Ander interessan­te plekke?

Die wynlande in die suide is iets om te beleef, asook Patagonië met die Torres del Paine Natuurrese­rvaat.

Een plek wat ek besoek het, is die kunstenaar­sdorp San Pedro de Atacama. Al die huise is met kleistene gebou en die dorp word omring deur soutpanne, rotslandsk­appe en sterreprag in die nag.

Die Robinson Crusoe-eiland sowel as die Paaseiland behoort aan Chile. Daar is iets magies omtrent die land, die Stille

Oseaan betower my met nuwe prentjies elke dag. As jy wandel deur die straatjies sien jy straathond­e met winterjass­ies aan teen die koue, wat jou groet as deel van hul “pack”. Hulle is vry, maar versorg.

Vertel van die werksure?

My werksdag begin om halfagt en eindig gewoonlik om vieruur. Die ure is lank, maar die byvoordele maak daarvoor op. Wanneer ek daagliks langs die see na my woonstel op die elfde verdieping terugstap, is ek dankbaar vir die voorreg.

Hoe vier die Chilene Kersfees?

Katolieke vier die Advent en gaan gewoonlik kerk toe nege dae voor Kersdag. Die diens staan bekend as “Novena”. Hulle versier hul Kersbome baie dieselfde as in Suid-Afrika, behalwe dat die mense hier vreeslik lief is om die hele huis binne en buite met liggies te tooi. Kersvader word genoem “Viejito Pascuero”: “Ouman Kersfees”.

Tradisione­le kos vir ’n Kerstafel?

Karla Olvares, ’n Chileense kollega, sê hul tradisione­le Kersete bestaan uit ’n verskeiden­heid slaaie, rys, braaivleis en, die belangriks­te, hoender gevul met kaas en ham. Middernag word geskenke oopgemaak. Dan sal hulle pan de Pascua eet, ’n speserygeg­eurde vrugtekoek soortgelyk aan ons Kerskoek, en cola de mono (letterlik vertaal “aapstert”) drink. Dis ’n drankie gemaak van melk, koffie, suiker, naeltjies en aguardient­e. (“vuurwater”).

Wat is die storie met Nuwejaar en 12 korrels druiwe?

Nuwejaar hier gaan gepaard met heelparty tradisies en rituele. Soos om middernag 12 druiwekorr­els te eet. Elke korrel verteenwoo­rdig die 12 maande van die jaar en geluk, gesondheid en rykdom in dié tyd. Om 12 eetlepels lensies te eet het dieselfde betekenis.

As jy welvaart nastreef, plaas jy ’n goue ring in jou glas sjampanje waarmee jy die nuwe jaar tegemoet gaan, of jy sit geld in jou regterskoe­n. En as jy graag wil reis, loop jy om die blok met ’n reistas of staan met jou tas op ’n stoel.

Kom jy terug Suid-Afrika toe?

Eendag. Tans is ek aan die einde van my tweejaarko­ntrak, maar weens Covid-19 kon ek nie toer nie en beoog dus om minstens nog twee jaar te bly. Ek kom wel Kersfees huis toe.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO Hernán Puelma se La Búsqueda-beeldhouwe­rk in Chile se hoofstad, Santiago. 1 Ek en ’n Suid-Afrikaanse vriendin, Jayne Kennard, geniet ’n Chileense hamburger. 2 Visserbote by die hawe. 3 La Portada, ’n rotsbaken in die see. 4 Uitsig op die oseaan vanaf my woonstel. 5 Ek en kollega Annatjie Kotze saam met tradisione­le dansers. 6 Straatmusi­kant by San Pedro de Atacama. 7 Kersfees in Santiago. 8 Martina Ramirez, een van my leerders, bak gemmerkoek­ies saam met haar abuela (ouma). 9 Kersfees-torte gevul met manjar (karamel).
HOOFFOTO Hernán Puelma se La Búsqueda-beeldhouwe­rk in Chile se hoofstad, Santiago. 1 Ek en ’n Suid-Afrikaanse vriendin, Jayne Kennard, geniet ’n Chileense hamburger. 2 Visserbote by die hawe. 3 La Portada, ’n rotsbaken in die see. 4 Uitsig op die oseaan vanaf my woonstel. 5 Ek en kollega Annatjie Kotze saam met tradisione­le dansers. 6 Straatmusi­kant by San Pedro de Atacama. 7 Kersfees in Santiago. 8 Martina Ramirez, een van my leerders, bak gemmerkoek­ies saam met haar abuela (ouma). 9 Kersfees-torte gevul met manjar (karamel).
 ?? WOON JY OORSEE? Vertel ons daarvan! Stuur e-pos na pieter.hugo@sarie.com ?? 10 Sandsteenf­ormasies aan die kus van Antofagast­a. 11 Machuca, ’n klein nedersetti­ng anderkant die kunstenaar­sdorp San Pedro de Atacama. 12 Mario Irarrázaba­l se Hand in die woestyn-beeldhouwe­rk in die Atacamawoe­styn. 13 Iglesia San Pedro, een van die oudste kerkies in Chile, is gebou uit gedroogde kaktus, klip en modder. 14 Saam met plaaslike inwoners op ’n staproete deur die sandheuwel­s van die Atacama. 14
10 11 13 12
WOON JY OORSEE? Vertel ons daarvan! Stuur e-pos na pieter.hugo@sarie.com 10 Sandsteenf­ormasies aan die kus van Antofagast­a. 11 Machuca, ’n klein nedersetti­ng anderkant die kunstenaar­sdorp San Pedro de Atacama. 12 Mario Irarrázaba­l se Hand in die woestyn-beeldhouwe­rk in die Atacamawoe­styn. 13 Iglesia San Pedro, een van die oudste kerkies in Chile, is gebou uit gedroogde kaktus, klip en modder. 14 Saam met plaaslike inwoners op ’n staproete deur die sandheuwel­s van die Atacama. 14 10 11 13 12

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa