Sarie

Beste van SARIE.com

- SAAMGESTEL DEUR LIANI JANSEN VAN RENSBURG FOTO GETTY IMAGES/ GALLO IMAGES

’n Nuwe jaar, ’n splinternu­we kans. In die wêreld van SARIE.com vertel drie bekendes van die anderste koers wat hulle inslaan. Ons wys hoe jy die nuutste T-hemp-tendens stileer en deel ’n vuurwarm koffiegier. En ons laat onsself ’n oomblik toe om nostalgies te raak oor padkos en die langpad

eerder iets anders by die huis los, maar daar móés plek wees vir die kosmandjie en die koffiefles. Waarheen het julle gewoonlik gereis?

My twee gunsteling-vakansiepl­ekke is die uMhlanga Sands Resort in Durban waarheen ons elke Desember gegaan het en later jare elke September, vir ’n week of twee. En elke tweede jaar het ons Stormsrivi­er toe gegaan, Tsitsikamm­a, Knysna.

Vir my is dit van die mooiste dele in die land! Ons het lekker gaan stap in die woud, gesit op die klippe en gestaar na die see en gebraai. uMhlanga was weer die aktiewe vakansie. Hulle het altyd aktiwiteit­e vir die kinders aangebied en ons het elke oggend gaan draf langs die see.

MICHÉLLE VAN BREDA SARIE-REDAKTEUR

Watter padkos het julle gewoonlik ingepak?

Padkosreis­e was gewoonlik saam met my Hermanus-ouma en -oupa. Ek onthou hoendermay­onnaisetoe­broodjies – op witbrood en netjies in driehoeke gesny. En altyd deegfrikka­delle – my ouma se spesialite­it: ’n plat frikkadel gebraai in deeg, wat ewe lekker koud of warm is. Natuurlik ook moerkoffie, soet en vuurwarm uit die fles – ek kan nou nog nie verstaan hoe die koffie so lank só warm gebly het nie. En Oros as jy koeldrank verkies het. Ook altyd iets soets – daai koekieblik met ’n verskeiden­heid koekies, van klapperkoe­kies tot hertzoggie­s, het vir seker saamgery. Gewoonlik het hulle dan nie eens ver gereis nie, basies oor die berg of deur die berg. Kaap se kant toe of sommer net Franschhoe­k toe.

As jy nou weer die langpad kan aandurf, waarheen sal jy gaan?

Gewoonlik is ek nie mal oor ver ry nie, ek vlieg eerder! Maar nou het dinge verander en ek sal graag in die motor wil klim vir ver se ry Wildtuin se kant toe. Daardie wêreld bly vir my van die mooiste in die land. Komend uit die Overberg is dit ook nie ’n deel wat ek goed ken nie – so dis altyd ’n avontuur, ’n verkenning­stog. Om elke draai iets wat ek opnuut leer ken – die natuurskoo­n, landskap, die reuke, die kleure.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa