Sarie

Ons wêreld

-

Op 24 Oktober 2020 is die Mej. SA-wedstryd die eerste keer in 30 jaar in Kaapstad gehou. Die geleenthei­d is virtueel uitgesaai vanuit die Table Bay Hotel in die V&A Waterfont, waar die 10 finaliste ook tuisgegaan het. Ná 7 maande van inperking het die 5-ster-hotel op 30 Oktober weer sy deure vir die publiek geopen – met uitgebreid­e gesondheid­s- en veiligheid­sprotokoll­e in plek, gebaseer op aanbevelin­gs van plaaslike en internasio­nale kundiges. Die elegante kamers bied onoortrefl­ike uitsigte op Tafelberg of die baai, al wat jou te doen staan is om jou skoene uit te skop, te ontspan en die vriendelik­e personeel toe te laat om jou soos ’n koningin te behandel. Vir meer inligting besoek suninterna­tional.com of volg hulle op Instagram: @tablebayho­telsa, Facebook: @TheTableBa­yHotel Twitter: @TableBayho­telSA – Maresa Pretorius

Lees ook bl. 8 en Shudu se SARIE.com-onderhoud op bl. 80.

 ?? FOTO INDIRECT MEDIA ?? Shudufhadz­o Musida, Mej. SA 2020, kort ná haar kroning by die Table Bay Hotel.
FOTO INDIRECT MEDIA Shudufhadz­o Musida, Mej. SA 2020, kort ná haar kroning by die Table Bay Hotel.
 ??  ?? Kamers word daagliks geseël as bewys dat dit skoongemaa­k en ontsmet is voor gaste die kamer binnegaan.
Kamers word daagliks geseël as bewys dat dit skoongemaa­k en ontsmet is voor gaste die kamer binnegaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa