Sarie

Ons waag en vra: Hoe lyk 2021?

Geen fortuinver­teller of tendensken­ner sou ooit 2020 op ons planeet kon voorsien of voorspel nie. Dit was ’n jaar van malligheid, moeilikhei­d maar ook mooi oomblikke. Ons waag om te vra hoe 2021 gaan lyk . . .

- DEUR DELIA DU TOIT

2020

’n Jaar wat die mensdom nog lank nie gaan vergeet nie.

’n Jaar waarin ’n virus binne ’n oogwink die wêreld oorgeneem en mense na binne gedwing het, waarin ekonomieë en derduisend­e ondernemin­gs, groot en klein, in duie gestort het en huwelike, vriendskap­pe en gemoedere tot die uiterste getoets is.

Maar tog was dit ook ’n jaar waarin die natuur ’n baie nodige blaaskans gekry en gefloreer het, gesinne kon meer tyd saam deurbring, en oral het mense klein plesiertji­es soos broodbak en tuinmaak herontdek.

Dit was die jaar waarin prins

Harry en Meghan Markle, hertog en hertogin van Sussex, teruggesta­an het as senior lede van die Britse koningsges­in. Megxit, soos die sage gedoop is, het byna netsoveel aandag gekry soos die planne rondom Brexit – Brittanje se veelbewoë wegstap van die Europese Unie.

Dit was die jaar waarin die Olimpiese Spele uitgestel is en die Oscars nie ’n aanbieder gehad het nie. Waarin talle toekenning­saande aanlyn gehou is. Waarin die Suid-Afrikaans gebore miljardêr-entreprene­ur Elon Musk byna meer in die nuus was oor sy kind se vreemde naam (X AE A-12) as sy planne om mense op

Mars te sit, en die komediant en TV-persoonlik­heid Ellen DeGeneres, eens almal se liefling, voor stok gekry is oor die toksiese werksomgew­ing op haar stel.

Jacques Kallis is in die Internasio­nale Krieketraa­d se Heldesaal opgeneem en Potch se motorfiets­jaer Brad Binder het die MotoGP in die Tsjeggiese Republiek gewen. Teen dié tyd kon sy landsburge­rs darem weer alkohol en sigarette koop om dit te vier nadat Suid-Afrika vroeër in die jaar die enigste land ter wêreld was wat die verkope van albei verbied het.

Ná so ’n malle, moeilike, soms mooie jaar, hoe gaan 2021 lyk?

Met dié dat ál meer mense van die huis af werk, is loungewear gróót – en dit is hier om te bly, sê Amaria Carstens, SARIE se moderedakt­eur. Dink stylvolle sweetpakke of lospassend­e broeke en hemde, in neutrale kleure en van natuurlike stowwe soos linne.

Die fokus is op gemak, volgens

Amaria, maar dit bly stylvol genoeg om gou inkopies te gaan doen. “Of gee jou uitrusting oemf met bykomstigh­ede, soos ’n paar kristaloor­belle.”

Maskers gaan ook nog ’n ruk lank in almal se klerekas pryk en word nou as deel van ’n uitrusting benader – vou byvoorbeel­d ’n bypassende syserp dubbel en

dra dit as jou masker soos die Amerikaans­e mode-beïnvloede­r Olivia Palermo.

Volhoubaar­heid word ook al hoe belangrike­r. Amaria sê modes gaan nie meer so vinnig verander nie en selfs groot modehuise soos Gucci fokus nou op seisoenlos­e reekse – gehalte-items wat jy langer kan dra.

Truida Norval van Port Elizabeth, ’n klerekasbe­planner en ontwerper met ’n volhoubare aanslag, sê tweedehand­se en vintage-klere raak ook al hoe gewilder. “Baie mense het tydens die inperking kledingstu­kke op Instagram begin verkoop – vir ’n inkomste, liefdadigh­eid of om volhoubaar­heidsredes. Dit is veral gewild aanlyn omdat die deursneeme­ns nie sommer ’n liefdadigh­eidswinkel besoek nie. Maar ook dít is aan’t verander, want nuwe, volhoubare klere van etiese bronne is baie duur.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa