Sarie

MELVILLE KOELSTE SA BUURT

- Bron: Times Live FOTO RICH TOWNSEND/ALAMY

Melville in Johannesbu­rg het die lys van 40 koelste woonbuurte in die wêreld gehaal – op nr. 33 die enigste Suid-Afrikaanse buurt. Die internasio­nale stadsgids Time Out het nie net gefokus op ’n buurt se unieke atmosfeer – kos, kultuur, kuns en gemeenskap – nie, maar ook op hoe mense tydens die pandemie saamgestaa­n het. In Melville het plaaslike vrywillige­rs gedurende die eerste vier grendelmaa­nde in samewerkin­g met die Viva Stigting 300 000 etes aan behoeftige­s verskaf. Nr. 1 is Esquerra de l’Eixample in Barcelona, Spanje. Inwoners het saam die weerloses gehelp en met gereelde danspartyt­jies op balkonne die moreel hoog gehou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa