Sarie

BEDERF VIR JOU HANDE

-

Weens aanhoudend­e handreinig­ing voel ons hande maklik droog en sensitief. Die Isa Carstens Akademie het om dié rede ’n geskenkpak­kie saamgestel waarmee jy jouself (of ’n vriendin) kan bederf. Dit bevat ’n waterlose handreinig­er met aalwyn-ekstrak om jou vel te streel, ’n voedende handeroom met jojobasaad­olie, asook ’n lipsalf. “Die Isa Carstens Akademie is met trots deel van ’n bedryf waar aanraking en omgee belangrik is en hierdie geskenkpak­ke is ’n uitbreidin­g hiervan. Beskerm jouself, maar moenie vergeet om jou hande te vertroetel nie,” sê Isabel Carstens-Roos, besturende direkteur van die akademie.

– Monica van der Walt

Prys: R450, te kry by die Isa Carstens Wellness Sanctuary in Pretoria en op Stellenbos­ch

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa