Sarie

VYFTIG PLUS VOL PRET

-

Ek herrangski­k ons boekrak wat oorvol geraak het deur die jare. Soos alle boekrakke weerspieël die boeke ook my en my man se persoonlik­heid.

Nie-fiksie maak negentig persent uit van die boeke. Ons al twee is groot realiste, buitelugen sportentoe­siaste.

Tog is daar so

’n klein plekkie in ons leessmaak wat nie voorspel kan word nie. My man se verrassend­e belangstel­ling is kalligrafi­e en poësie, en dan is daar my eie geheime bewonderin­g vir die akteurs en aktrises van die jare sestig, sewentig en tagtig. En so ontdek ek weer my twee plakboeke wat ek as jong meisie en later as jong vrou saamgestel het met inspireren­de foto’s van hul glorieryke films en hul doen en late.

Filmhelde en -heldinne soos Liz Taylor, Robert

Redford, Jane Seymour, Tom Selleck en vele ander. Maar tog het tyd alles kom verander – vir hulle en ook vir my.

Dié wat nog lewe se grootste dryfveer is dalk nog ’n verjonging­soperasie wat mag werk, terwyl myne soveel makliker is. In elke

SARIE vind ek steeds bekostigba­re inspirasie in kleur en geur om my “vyftig plus” net weer “fun-tasties” te laat voel. Connie Garrard, Kaapse Hoop (distrik Nelspruit)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa