Sarie

AS JY KON, EN DIE GELEENTHEI­D WAS DAAR, WATTER MUSIEKINST­RUMENT SOU JY WOU BESPEEL?

-

Jeanette Kruger Kitaar. Om net te sit en tokkel as dinge te veel raak.

Lize-Maré Cronje

Saxofoon. My vriendin is 3 jaar terug aan kanker oorlede. Sy was mal oor die klank van die instrument. Ek sou graag ’n musiekstuk vir haar wou gespeel het. Hannie Botha Pyporrel – koning van instrument­e en ek is mal oor orrelmusie­k.

Belinda Bekker Lang

Handpan. Ek raak verlore in die musiek, sal dit iewers langs die see of in die bos wil speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa