Sarie

#JYISGENOEG RAAK ELKE VROU

-

Onlangs het ’n vriendin vir my ’n SARIE as geskenk gegee en ek was diep geraak deur die #JyIsGenoeg op die voorblad.

My naam is Lenay. Ek is as baba aangeneem. My lewe is gevorm deur een naelstring, twee ma’s en baie jare tussenin. My aanneemoue­rs was van die begin af eerlik oor my aanneming. Met verloop van tyd was daar die voorspelba­re gevoelens van rou en verlies. Gevoelens van minderwaar­digheid. Niemand se skuld nie; bloot die omstandigh­ede van ons lewens.

Dit neem my veertig jaar om my stem te vind en ek besluit om ons storie te verwoord. Ons memoires, Goed Genoeg, gaan oor die emosionele pad na genesing uit die oogpunt van die aanneemma, die biologiese ma, die aangenome dogter en die maatskapli­ke werker. Drie vroue. Een wond. En een stem. Goed Genoeg is ’n storie oor drie gesinne wat deur omstandigh­ede één word. Die emosionele reis na waardighei­d: na goed genoeg voel.

Dankie, SARIE, vir die bevestigin­g dat die tema van ons storie een is wat elke vrou raak! Ons sien uit na die heling wat aan die einde wag.

Lenay Schoeman,

Port Elizabeth

 ??  ?? Skryf aan SARIE, My sê tel, Posbus 1802, Kaapstad 8000, of stuur e-pos na: mysetel@sarie.com. Nie meer as 300 woorde nie, maar ons behou die reg voor om briewe te verkort. Menings uitgespree­k in lesersbrie­we is nie noodwendig dié van SARIE nie. Ons plaas nie gedigte, briewe oor reünies of vermiste mense nie. REËLS: Briewe (ook e-posbriewe) moet ’n volledige posadres, kontaknomm­er en volledige doopnaam bevat. Dit moet ook oorspronkl­ik wees en mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie. En jy moet onderaan jou brief aandui: NET AAN SARIE GERIG.
Skryf aan SARIE, My sê tel, Posbus 1802, Kaapstad 8000, of stuur e-pos na: mysetel@sarie.com. Nie meer as 300 woorde nie, maar ons behou die reg voor om briewe te verkort. Menings uitgespree­k in lesersbrie­we is nie noodwendig dié van SARIE nie. Ons plaas nie gedigte, briewe oor reünies of vermiste mense nie. REËLS: Briewe (ook e-posbriewe) moet ’n volledige posadres, kontaknomm­er en volledige doopnaam bevat. Dit moet ook oorspronkl­ik wees en mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie. En jy moet onderaan jou brief aandui: NET AAN SARIE GERIG.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa