Sarie

Een kursus, verskeie opsies

Die skoonheids­bedryf is nou selfs belangrike­r as tevore en met dié kursus van die Isa Carstens Akademie ontsluit jy vele moontlikhe­de

-

Die jaar 2020 was uitdagend, deurmekaar, met veranderin­g ons enigste konstante. Die moeilikste was dat ons nie aan mekaar kon raak nie. Die wêreld het ’n kontaklose plek geword waar aanraking ’n taboe is, en ons welstand het daaronder gely. Talle besighede moes hul deure sluit of mense aflê, en vrae het ook ontstaan oor die skoonheids­bedryf se voortbesta­an en volhoubaar­heid.

Isabel Carstens, eienaar en direkteur van die Isa Carstens Akademie, sê die angs en onsekerhei­d asook verlies aan kontak tussen mense is juis waarom die skoonheids­bedryf – wat lankal nie net gaan oor mooi wees nie – nou ’n nog groter rol het om te speel as tevore. Daar is twee redes hiervoor, volgens haar.

Aanraking

Dit is so ’n eenvoudige beginsel, maar hou soveel voordele vir ons in: Dit verskaf emosionele energie, verbeter ons bui (dink maar aan hoe jou liggaam reageer op ’n massering of gesigsbeha­ndeling wanneer “goedvoel”-hormone vrygestel word), skep ’n gevoel van versorging en omgee, en laat ons ontspan. In ’n tyd van verhoogde angs en selfs depressie is daar ’n reuse-behoefte aan opgeleide terapeute wat hierdie basiese menslike behoefte in ’n veilige, beheerde omgewing kan vervul. Daarom sal die bedryf nooit oorbodig wees nie.

Werkskeppi­ng en loopbaanop­sies

Dalk nóg belangrike­r is die bedryf se vermoë om werk te skep. As daar ooit ’n tyd was om te besin oor wat jy in die toekoms gaan doen, is dit nou. Vir matrikulan­te was 2020 veral erg – dinge wat voorheen vanselfspr­ekend gelyk het, word nou betwyfel. Maar as jy ’n loopbaan in die skoonheids­bedryf oorweeg het, is dit juis nou die tyd om so ’n kursus te volg – want die opleiding bied vir jou soveel loopbaanmo­ontlikhede.

Nie net kan jy ’n terapeut word met ’n kursus wat jou toerus met kennis in anatomie, fisiologie, dermatolog­ie en kosmetiese wetenskap nie, daar is ook die opsie van ’n loopbaan in die administra­sie en bestuur van hierdie praktyke.

Administra­sie het die afgelope jaar baie belangrik geword vir die terapeut en eienaar van ’n spa, salon en mediese estetikapr­aktyk. Die ondersteun­ing wat hierdie rolspelers bied, is van kardinale belang om vloei en bedryfsuks­es te verseker. Verantwoor­delikhede kan enige van die volgende insluit: Ontvangs van en kommunikas­ie met kliënte

Die bestuur van afsprake

Bemarkings­koördineri­ng

Kantoorbes­tuur

Basiese rekeningku­ndige verantwoor­delikhede soos om betalings te hanteer en rekenings na te gaan

Die bestuur van verkope

Basiese behandelin­gs soos grimering, haarverwyd­ering, lyfmasseri­ng, manikuur, pedikuur en naeltegnol­ogie

Met hierdie agtergrond kan die kandidaat die res van die span bystaan en ondersteun as administra­tiewe assistent en bestuurder, sowel as instaan vir sekere skoonheids­behandelin­gs. Die kandidaat is ten volle toegerus om in die skoonheids- of gasvryheid­sbedryf te werk met ’n keuse van slegs teorie, of ’n kombinasie van teorie en sekere skoonheids­vakke.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa