Sarie

STAD EN PLATTELAND

-

Foto’s van eens besige stede se leë strate was volop tydens die inperking. Hoewel baie mense oorsee nou na kleiner dorpe verhuis om die besige stadslewe te verlaat, glo kenners nie dit gaan die geval in SuidAfrika wees nie – minstens nie op so ’n groot skaal nie, sê Neil Gopal, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Eiendomsei­enaars (SAPOA). “Ons het eenvoudig nie die infrastruk­tuur en openbare vervoer om dit sinvol te maak nie.”

Tog reken Samuel Seeff, voorsitter van die Seeffeiend­omsgroep, mense gaan aanhou om na kusstede te verhuis soos die laaste paar jaar reeds gebeur. “Mense verhuis na dié gebiede vir die beter lewensgeha­lte. Sogenaamde tweedevlak-stede soos PretoriaOo­s, die Paarl, Somerset-Wes en Stellenbos­ch word ook al hoe gewilder, want die tegnologie maak dit in sekere bedrywe nou maklik om van enige plek af te werk.”

Die tendens van die laaste paar jaar om af te skaal sal ook toeneem, sê hy. “Daar is enkele mense wat spring vir die kans om groter eiendomme te koop terwyl die rentekoers so laag is, maar ek glo meer mense gaan eerder afskaal om hul finansiële risiko te verklein en instandhou­ding- en sekuriteit­skoste te verlaag.”

 ??  ??
 ??  ?? LINKS ’n Vrou in die gewoonlik woelige New York staar by haar venster uit tydens die inperking vroeër vanjaar. ONDER ’n Waarskuwin­gsbord teen Covid-19 naby die Eiffeltori­ng in Parys. HEEL ONDER Platteland­se vrede: ’n Panoramies­e uitsig van Hermanus.
LINKS ’n Vrou in die gewoonlik woelige New York staar by haar venster uit tydens die inperking vroeër vanjaar. ONDER ’n Waarskuwin­gsbord teen Covid-19 naby die Eiffeltori­ng in Parys. HEEL ONDER Platteland­se vrede: ’n Panoramies­e uitsig van Hermanus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa