Sarie

OEFENING

-

Die aanbod van aanlyn oefenprogr­amme het met rasse skrede toegeneem tydens die inperking. Johno Meintjes, stigter van die plaaslike oefen-app JEFF, sê hul Faceboek-oefengroep JEFF Together het in dié tyd binne twee maande 40 000 nuwe lede

van 99 lande bygekry en met tye het tot 17 000 mense ingeskakel op hul regstreeks­e oefensessi­es.

Die oefenwêrel­d het verander, glo hy. “Dis nie ’n nuwe ding nie – internasio­nale programme soos The Body Coach, Kayla Itsines en Les Mills is al ’n paar jaar gewild. Maar mense het nou besef hulle hoef nie ’n gimnasium te besoek om resultate te sien nie en geniet die gerief daarvan om tuis te oefen.

“Daar is steeds plek vir gimnasiums en groepsklas­se, veral boetiekgim­nasiums en groepe vir unieke oefensoort­e, maar mense gaan minstens

’n ruk lank nog ongemaklik voel om in groepe te oefen en aanlyn oefening gaan bly groei. Die tegnologie maak dit ook moontlik om saam met ander mense te oefen, in die gemak van jou eie huis.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa