Sarie

TROUES EN SOSIALE GELEENTHED­E

-

Daar was die laaste paar jaar ’n sêding in die troubedryf: “Less is more, that’s why more is so much more,” sê die bekende geleenthei­dsbeplanne­r Aleit

Swanepoel, maar dié dae is nou verby. “Jare tevore sou ’n mens nie daarvan kon droom dat ’n bruid R120 000 se blomme van Holland invoer vir haar troue nie, maar sulke uitspattig­hede het al hoe meer gebeur. Die pandemie het nie net finansiële implikasie­s gehad wat dít gaan stopsit nie, maar ons ook geleer wie belangrik is in ons lewe. Troues gaan weer kleiner en intiemer wees wanneer die bedryf later vanjaar begin normalisee­r – tot nou kon mense in elk geval nie juis hul troue beplan nie.”

Hy glo tydlose dekor gaan dan die in-ding wees by troues en sosiale of korporatie­we geleenthed­e. “Herwinning en volhoubare materiale soos riempies en rottang gaan groot wees en ek glo ook mense gaan ’n minimalist­iese aanslag hê – een enkele, treffende blomsteel pleks van ’n groot rangskikki­ng op elke tafel.”

Tog glo hy die dae van groot troues gaan weer kom. “Dit gaan ’n ruk neem vir dinge om terug te keer na waar dit voorheen was, maar bruide is ook maar mededingen­d!”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa