Sarie

Ietsie moois vir teetyd

Wie onthou Ouma se mooi teekoppies van fyn porselein wat in die uitstalkas in die voorhuis gebêre is? SARIEmooi gee daardie trend ’n eietydse kinkel met hierdie besonderse teekoppie-en koekbordji­e stel.

-

Dis asof die wêreld ná die Covid-inperking weer die belangrikh­eid besef van spesiale oomblikke saam met vriendinne, of ’n oomblik se wegkom van die kantoor – al is die kantoor dalk nou drie tree in die gang af.

SARIEmooi meng die romantiek van elegante teekoppies uit ’n fyn teestel, met parmantige, trendy ontwerpe wat die hedendaags­e vrou se oë sal laat vonkel.

Die SARIEmooi-teetydstel is deur Linette Coetzee van Kempton Park ontwerp en word deur Lavish’d, die aanlyn winkel van die Suid-Afrikaanse maatskappy Inter Table Top, vervaardig. Linette skets haar unieke ontwerpe met ’n gewone balpuntpen. Die eindproduk het kleureleme­nte wat aan die Delftse ontwerpsty­l herinner, maar tog eietyds, aweregs en tong-in-diekies is.

Die stel, wat uit ’n teekoppie, piering en koekbordji­e bestaan, kom in ’n pragtig ontwerpte geskenkbok­s en is die ideale geskenk aan jouself of ’n vriendin. Dit kan in die skottelgoe­dwasser gewas word en is teen afsplinter­ing behandel. Teen R150 per stel, koop een of sommer al vier ontwerpe.

LAVISH’D IS DIE AANLYN PLATFORM

van die SuidAfrika­anse maatskappy Inter Inter Table Top Company (Pty) Ltd, wat die afgelope veertig jaar eksklusiew­e ontwerpe aan kliënte soos Gordon Ramsay, Marks & Spencer, Carrol Boyes en Jenna Clifford lewer. Die maatskappy het ’n aandeel in van die beste vervaardig­ers van tafelware ter wêreld, en lewer topgehalte porselein, erdeware, glasware en messegoed.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa