Sarie

’N PRENTJIE = 1000 WOORDE

Hoe sit jy die emosie terug in teksboodsk­appe? Laat emoji die praatwerk doen! Só raak jy byvoorbeel­d makliker geholpe as jy aanlyn ’n romantiese maat soek. Weet egter ook die gebruik daarvan het mense al met die gereg laat bots

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Hoe sal ons Covid-19 as ’n prentjie uitbeeld? Wel, daar is die , , en . As jy dink ons praat nou in tale, het jy sekerlik die afgelope twee dekades in die Amasone-reënwoud geskuil. Strokiespr­ent agtige gesiggies ... flamenco-dansers . . . hande wat goedkeuren­d klap . . . Dis vandag alles deel van jou (digitale) sosiale lewe. Die see van emoji wat op net mooi alle digitale platforms voorkom, is die perfekte leestekens om jou vreugde, hartseer en skaterlag in

’n teksboodsk­ap uit te druk. “Hoe gaan dit?” is nie meer ’n volledige sin sonder ’n ronde gesiggie met ’n wye glimlag nie.

Onder die meer as 3 000 beskikbare emoji is daar egter nie een wat aandui hoe die coronaviru­s met ons koppe gesmokkel het nie. Maar voilà! In 2021 verskyn op ons sleutelbor­de. Die gesiggie met spiraaloë is pas goedgekeur deur die Unicode Consortium, die organisasi­e sonder winsoogmer­k wat nuwe emoji goedkeur en standaardi­seer. Dit kan enigiets van o jitte, sjoe, hete, jislaaik, maggies, magtie, ek kan dit nie glo nie uitbeeld. Of: babelas, gerook, presies soos ons in 2020 gevoel het! (As dié emoji reeds lankal tot jou beskikking is: Sommige platforms beeld die “x-oë”-emoji geruime tyd met spiraaloë uit en die nuwe toevoeging sal dié konflik oplos.)

Emoji. Jy kan ’n koerantart­ikel daarin skryf (soos iemand in die

Wall Street Journal gedoen het). Of klassieke werke soos Peter Pan en Alice in Wonderland daarin vertaal (soos ook reeds gedoen is). Die Egiptenare sal hulle dalk slap lag vir die eenvoud van dié karikatuur­agtige tekeninge. Maar dis baie vinniger as hul hiërogliew­e, wat dikwels tydrowend in rots uitgekerf moes word.

Judith Griessel

Internasio­nale presedente belig vir ons howe die pad vorentoe

DIE SIELKUNDE DAARAGTER

Emoji help ons om tussen die lyne te lees en verryk dus kommunikas­ie. Dit staan vir veelseggen­de knikke, die ironiese rol van oë en ’n tong stewig in die kies. Dinge wat nie altyd maklik in teks oorgedra word nie. Sowat 72% van jong volwassene­s druk emosie makliker met behulp van emoji eerder as net in woorde uit, volgens Vyvyan Evans, Britse linguis en skrywer van The Emoji Code. “Wat ons sê, is dikwels nie wat ons bedoel nie, dus letterlik met ons woorde oordra nie.”

Dit is die vinnigste groeiende “taal” in die geskiedeni­s en word deur 92% van die aanlyn bevolking gebruik, volgens digitalinf­ormationwo­rld.com. Die webtuiste Emojipedia word ’n allemintig­e 33 miljoen keer per maand besoek. Dit bevat onder meer ’n argief wat die visuele evolusie van elke karakter volg. Oxford Dictionari­es het in 2015 die gesig met vreugdetra­ne as “woord van die jaar” aangewys. Nie sleg nie vir ’n foefie wat in die 1990’s afgeskop het om Japannese tieners se aandag te trek. (Die woord “emoji” is van Japannees afgelei en beteken rofweg “prentjie” en “karakter”. Die ooreenkoms met die woord “emosie” is toevallig.)

Nou lewe ons egter in ’n multikultu­rele samelewing en die interpreta­sie van ’n emoji kan van mens tot mens en kultuur tot kultuur verskil. Een emoji kan letterlik “’n duisend woorde” verteenwoo­rdig. Dit kan jou in ’n groot verleenthe­id plaas, selfs die polisie op jou spoor sit. Na gelang van jou eie subjektiew­e opvatting kan sommige emoji geïnterpre­teer word as rassisties, beledigend, kultureel onsensitie­f en homofobies. Só is

“duim op” ’n teken van goedkeurin­g in Westerse kulture, maar obseen in Griekeland en die Midde-Ooste. In

Brasilië is die “oukei”-handgebaar (duim en wysvinger bymekaar om ’n

“o” te vorm) die ekwivalent van jou middelving­er wys. “Klappende hande” dui op lof en gelukwensi­ng in die Weste; in China is dit ’n simbool vir liefde maak.

Boonop is emoji nie heeltemal universeel nie. Die Unicode Consortium verskaf ’n algemene stel “kodepunte” – soos ’n geraamte

– vir elke emoji. Maar die verskeie maatskappy­e wat emoji-sleutelbor­de aan hul gebruikers voorsien, trek na goeddunke “klere” vir die geraamte aan. Baie van die groter verskaffer­s sit die laaste paar jaar koppe bymekaar, maar daar is steeds verskille. ’n Mielie wat na regs kantel en nie links nie, ’n roeiboot wat deur onstuimige pleks van kalm water vaar. Só was Facebook se ontwerp van die handwapen-emoji eers ’n taamlik realisties­e rewolwer. Dis in 2018 verander om soos ’n neongroen waterpisto­ol te lyk. Apple het sy ewe realisties­e pistool-emoji reeds in 2016 met een uit die speelgoedk­as vervang.

TJOEKIE TOE!

’n Emoji is ’n spelerige, prettige toevoeging tot ’n informele boodskap, nè? Maar sal jy dit so vinnig by ’n teksboodsk­ap voeg as jy weet dit kan as ’n dreigement beskou word? Of ’n kontrak bindend maak wat jy nooit eens formeel onderteken het nie? Glo dit of nie, daar is ’n groeiende aantal regsake wêreldwyd – Brittanje, Nieu-Seeland en Frankryk ingesluit – waar howe emoji as getuienis moes interprete­er.

’n Paar jaar gelede voer die polisie ’n klopjag uit op die huis van ’n tienerseun in Brooklyn, New York. Sy misdryf: Hy het ’n reeks emoji op Facebook geplaas – juis toe gemoedere hoog loop nadat twee polisieman­ne doodgemaak is. Die emoji, ’n polisieman en drie

(toe nog realisties­e) handwapens, was

genoeg om hom in die tjoekie te laat beland op aanklag dat hy ’n “terreurdre­igement” gemaak het. Sy borgtog was ’n allemintig­e $150 000 (sowat

R2,3 miljoen), maar ’n jurie het later besluit om hom nie te vervolg nie.

’n Israeliese paartjie weer is in

2017 deur die hof beveel om ’n woonstelei­enaar skadevergo­eding te betaal. Tydens onderhande­linge oor die huur van ’n woonstel stuur hulle vir hom emoji van ’n bottel sjampanje, ’n eekhoring en ’n dansende vrou. Die eienaar besluit hulle stel duidelik belang en haal dit van die mark af. Laaste sien van die blikkantie­n. Die hof het later bevind die emoji stuur die boodskap van

“optimisme” en suggereer hulle het ter kwader trou opgetree.

Die emoji waaroor die meeste hofsake gemaak word, is die gewone ou “smiley”, gevolg deur die “knipogende” en “hartseer” gesiggie.

Die redes wissel van kindertoes­ig en teistering by die werk tot moord. “Dis nog betreklik nuut in die SuidAfrika­anse reg, maar daar is baie internasio­nale presedente wat vir ons howe die pad vorentoe belig,” skryf Judith Griessel van Griessel Consulting in The South African Labour Guide (labourguid­e.co.za).

Sonder enige bemarking, aktivisme en wetgewing, sonder trompetges­kal, het die nuwe “taal” stilletjie­s ons alledaagse lewe ingesluip. Omhels dit maar as jy in die toekoms aanlyn doeltreffe­nd wil kommunikee­r en ’n emosionele respons wil ontlok. Mense wat emoji in aanlyn boodskappe gebruik, is meer suksesvol om ’n huweliksma­at te vind, volgens peilings op afspraakwe­btuistes soos match.com. Hul lus hang ook meer uit om voor die kansel te staan!

Wat ons sê, is dikwels nie wat ons letterlik oordra nie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa