Sarie

SÓ VRIENDELIK!

-

Ons gebruik emoji verskillen­d na gelang van ons persoonlik­heid, volgens Britse navorsing. As jy meer tegemoetko­mend is, is jy geneig om sosiale en emosionele seine in die regte lewe te gebruik om met ander te kommunikee­r. Soos deur te glimlag en aanmoedige­nd te wees. In ’n sekere mate word dit in die virtuele wêreld weerspieël deur die keuse van glimlaggen­de emoji. Die navorsers spekuleer as jy jouself as tegemoetko­mend sien, gaan jy moeite doen om daardie deel van jou persoonlik­heid (deur die gebruik van glimlaggen­de emoji) oor te dra. Gee jy daarteenoo­r nie eintlik om wat mense van jou dink nie, is jy dalk gemakliker om al jou emosies te wys, insluitend hartseer (en dus ook hartseer emoji). Emoji word voorts as ontoepasli­k in ’n meer profession­ele omgewing beskou. Dit verklaar waarskynli­k waarom respondent­e sê hulle gebruik dit minder in e-posse as ander teksboodsk­appe en op sosiale media, volgens die navorsers. Bron: cnn.com, conversati­on.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa