Sarie

JY HET NIE ’N PLAN NIE

-

Elkeen moet ’n plan hê – vir hul lewe en hul geld. Jou geld en jou lewe is verweef, jy kan geld nie in isolasie beskou nie. Begin deur te visualisee­r hoe jou lewe moet lyk. Maak ’n droombord. Dit verg baie introspeks­ie. Vra jouself byvoorbeel­d af: Waar wil ek woon? Watter tipe werk sal my die meeste vervul? Wil ek voltyds of fleksietyd werk? Wat is my drome vir my kinders en uitgebreid­e familie? Watter drome wil ek najaag? Hoe belangrik is my verhouding­s en hoeveel tyd wil ek daarin belê?

Sodra jy weet hoe jy jou lewe wil leef, beplan dan daarvoor en besluit waar en hoe jy jou geld gaan gebruik om dit te laat gebeur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa