Sarie

JY PRAAT EERDER NIE OOR GELD NIE

-

Ons het almal verskillen­de sienings oor geld wat dikwels nog uit ons kinderdae kom – hetsy dit ’n taboe-onderwerp in die huis was of bloot beskou is as iets wat nie ’n vrou se afdeling is nie . . . dit alles affekteer hoe maklik of moeilik ons oor geld praat. Vroue praat dikwels nie graag oor geld nie, omdat dit so ’n emosioneel gelaaide onderwerp is. Geld kan bv. die verskil beteken tussen ’n fleksiewer­k sodat ons meer tyd met ons kinders kan deurbring, en ’n voltydse werk. Om oor geld te praat laat ons dikwels weerloos voel. Of bekommerd. Of bang dat mense gaan dink ons is onkundig. Of ons oordeel omdat ons te min het. Ongeag hoe dit jou laat voel, dis die eerste stap om beheer oor jou geldsake te kry. Gesels met jou lewensmaat, jou geliefdes of ’n finansiële beplanner oor geld, anders gaan jy aanhou om dieselfde foute te maak en dalk ook die slegte gewoonte aan jou kinders oordra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa