Sarie

JY LUISTER NA BELEGGINGS­RAAD VAN VRIENDE

-

Daar sal altyd iemand wees wat ’n mening het oor wat jy met jou geld moet doen, ook voorstelle oor “fantasties­e beleggings”. Dit is net nie die risiko werd om jou geld te belê wanneer iets te goed klink om waar te wees nie. Waak teen die woordjie “gewaarborg”, dit kom teen ’n prys.

Benewens die tipiese slenters, hou ook die tydsbereke­ning in gedagte. Die goue reël is om tyd in die mark deur te bring. As jy belê omdat ander mense om jou goed vaar, bestaan die gevaar dat jy bates op hul duurste aankoop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa