Sarie

BEKENDES SE gunsteling-padkos

- DEUR MARZANNE SCHOEMAN

Heimwee kom sit soos ’n knop in my keel wanneer ek terugdink. Dis vroegoggen­d. Die haan het nog nie gekraai nie, maar kinders en koffers, koelbokse en komberse Wat is die langpad sonder al die smulkos in die motor?

word in die motor geboender. Ons gaan met vakansie!

En wat is die langpad sonder lekker padkos? Ons gesin het altyd ’n koelsak vol bederwe gehad wat my ma, Salomé, die vorige aand met sorg gepak het. Daardie dae is lank reeds verby. Deesdae stop ons sommer by die Wimpy vir ons koffie en roosterbro­odjies.

Ons vra drie bekendes hoe húlle hul padkosreis­e onthou.

WILLEM BOTHA

SANGER EN FOTOGRAAF Watter padkos het julle gewoonlik vir die langpad ingepak?

Ons het altyd jou tipiese padkos-bak gehad, maar my gunsteling was my ma se kaasen-konfytbroo­djies.

Waarheen het julle gereis?

Omdat ek en my broer van kleintyd af profession­eel begin perdry het, het ons amper elke naweek ’n skou of ’n uithourit gehad! Dit het vir ons altyd soos vakansie gevoel.

REANDI GREY

AKTRISE

Watter padkos het julle gewoonlik ingepak?

As ek terugdink, was padkos een van die hoogtepunt­e van die vakansie, want my ma het die lekkerste kos gepak. Daar was altyd tamaties met wortels en eiers. Altyd grondboont­jiebotter- of Bovrilbroo­djies. Dit was vir my so lekker om ’n happie Bovrilbroo­djie en ’n happie wortel te vat. Dis die vreemdste kombinasie, maar dit was amazing. En daar was altyd, altyd ’n fles koffie in die kar. Ons gesin is koffiemal en sou

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa