Sarie

QUANITA ADAMS KIES NUWE ‘ROL’

Met elke nuwe rol transforme­er sy soos ’n verkleurma­nnetjie. Maar komedie of drama, haar deernis is onmiskenba­ar. Quanita Adams, een van SA se talentvols­te aktrises en deesdae ook ’n trotse ma, gesels oor die nuwe koers wat sy inslaan

- DEUR FANIE CRONJÉ

Wat is die nuwe “rol” wat jy vertolk?

Ek het besluit om vir ’n ruk van toneelspel weg te tree. My mees onlangse rol is dié van skrywer en regisseur. Ek het ’n draaiboek geskryf en gaan ook die regie behartig. Ek is opgewonde, maar terselfder­tyd maak dit my ook bang.

Is die skryfprose­s vir jou maklik of uitdagend?

Kan ek sê albei? Dit kom natuurlik vir my, maar daar is tye wat ek voel ek haak vas en dan staar ek vir ure na my rekenaar. Om regie te doen is eenvoudig angswekken­d. Gelukkig is ek omring deur ’n span mense wat net so toegewyd soos ek is tot hierdie nuwe avontuur.

Jou eersteling, Alia, is nou ses maande oud. Sal jy haar saamvat stel toe? Glad nie, sy bly by die huis by haar pa. Ek en Brian is baie gelukkig dat hy van die huis af kan werk. Wanneer ek werk toe gaan, is hy volkome daddy day care. Hulle het hul eie oulike vibe aan die gang. My ma help ook baie.

Wat is jou vyf wense vir 2021?

’n Teenstof vir Covid-19. Ek wil graag weer veilig voel.

Om te reis, sodat ons weer familie kan besoek en hulle ons.

Dat my loopbaan sal aanhou groei in hierdie nuwe opwindende rigting wat ek nou betree.

Dat Alia altyd so ’n gesonde en gelukkige dogtertjie sal bly.

Ek wens vir Brian se loopbaan ’n geleenthei­d vir groei toe. So baie dat hy baie geld gaan maak, gazillions! En dan kan ons sommer nommer drie op die lys skrap en ek kan ophou werk.

 ?? FOTO
WILLEM LOURENS ??
FOTO WILLEM LOURENS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa