Sarie

Ă T-HEMP KUSSING = NUWE MODESTELLI­NG

- DEUR MAGDEL MULLER

Daar’s ’n nuwe tendens waaroor ek gaande is: die T-hemp met skouerkuss­ings. Dis stylvol sowel as vleiend, aangesien die ekstra hoogte wat deur die skouernaat gevorm word, jou arms skraler laat lyk.

Dis hoog tyd dat die staatmaker-T-hemp ’n makeover ondergaan het. En ek het ’n gevoel dié een gaan nog lank in die mode bly.

HOE KIES JY DIE REGTE T-HEMP VIR JOU LIGGAAMSVO­RM?

Vir groot borste beveel ek ’n V-neklyn aan – dis vleiender.

Het jy klein borste, skep ’n hoë neklyn ’n meer informele voorkoms. Maar dra gerus ook die V-neklyn.

Wenkombina­sie: Dra jou T-hemp saam met ’n bonkige halssnoer.

Daarsy! Drie uitrusting­s, drie geleenthed­e en een fantasties­e T-hemp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa