Sarie

MEJ. SA: EIELIEFDE IS ’N PERSOONLIK­E REIS

Jy straal ware skoonheid uit as jy eieliefde beoefen, glo Shudufhadz­o Musida, Mej. Suid-Afrika 2020

- Lees die volledige artikel op SARIE.com

Wat is jou raad aan jonger vroue wat met selfaanvaa­rding sukkel?

Eieliefde is ’n persoonlik­e reis, maar dis die mooiste reis wat jy ooit sal onderneem. Ek het self hiermee gesukkel. Gaan staan voor die spieël en identifise­er iets waarvan jy hou. Dis ’n goeie beginpunt. Jy is mooi, jy is waardig, jou drome dra waarde, jy het ’n pragtige glimlag . . . En onthou om vir jouself te glimlag terwyl jy dié woorde hardop sê. Dit is so maklik om onsself af te kraak en weer baie moeilik om iets oor onsself te sê waarvan ons hou.

Wat is jou gunsteling-kleintydhe­rinnering?

Wanneer ek en my niggies en nefies ná skool buite my oupa se huis gespeel het. My oumagrootj­ie het dan altyd vir ons die lekkerste kos gemaak.

Watter boek het jy in 2020 gelees wat jou geïnspiree­r het?

The Four Agreements deur Don Miguel Ruiz. Dié boek het my siening oor myself en my identiteit verander. Dit het my laat besef dat ek volgens my eie maatstawwe, wie ek as mens is, moet lewe. Dat van die belangriks­te besluite in ons lewe nie ons eie was nie. Sodra ons die vryheid het om waarlik ons eie besluite te neem, dan móét ons dit doen.

Jy kan saam met enige vrou gaan koffie drink. Wie sou dit wees?

Michelle Obama. Sy is ’n inspirasie vir ons almal. Sy straal leierskap uit, maar het ook ’n sagte, moederlike kant. Sy is ’n voorbeeld vir almal en wys wat die ware rol van vroue in die moderne samelewing moet wees.

Wat is jou lewensles waaraan jy vasklou in moeilike tye?

Ek het onlangs geleer om eers op die kleiner oorwinning­s te fokus. Veral nóú tydens die pandemie. Soos om soggens op te staan, te gaan stap of jou gunsteling­ete te berei. Die een uur wat jy kans kry om produktief te werk, of selfs minder. Ons is baie krities teenoor onsself. Soms verg dit juis hierdie kleiner oorwinning­s wat na die groter mylpale toe sal lei.

Lees ook op bl. 8 en 10 oor ons nuwe Mej. SA.

 ?? DEUR SUANNÉ MULDER
FOTO SJ VAN ZYL ??
DEUR SUANNÉ MULDER FOTO SJ VAN ZYL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa