Magnum - LATTE
As jy nie van koffie en roomys hou nie, is hierdie nié die latte vir jou nie . . .
BESTANDDELE ysblokkies
1 magnum-roomys
¾ koppie koue melk
2 x skeute warm espresso-koffie
METODE
Gooi ’n paar blokkies ys in jou gunsteling-koffiebeker. Plaas die magnum-roomys bo-op die ys. Giet die melk oor die roomys en voeg dan die espresso by. Die warm espresso sal die roomys liggies laat smelt. Geniet dadelik!