Sarie

Tuiskokke! RAAK SLIMMER MET SARIE

Jy het al sy resepte in SARIE en SARIE KOS bewonder en hom op TV gesien, nou kry jy die kans om deur hom touwys gemaak te word. Skryf in vir SLIMMER MET SARIE se aanlyn kookkursus deur Herman Lensing!

-

SLIMMER MET SARIE is ’n splinternu­we aanlyn projek wat enige entoesias die kans gee om meer te leer oor hul stokperdji­e of die geleenthei­d gee om nuwe vaardighed­e aan te leer. In ons eerste kursus leer Herman Lensing, kosredakte­ur van SARIE en SARIE KOS, saam met ’n paar ander kenners vir jou 13 onontbeerl­ike tegnieke.

Herman gaan jou moeilike sjeftegnie­ke leer sodat jy dit in jou huiskombui­s kan oefen. Hierdie is nie ’n gewone kosdemonst­rasie nie; hierdie is die beginsels van kook en bak. Dit is die grondslagt­egnieke waarsonder geen sjef in die kombuis sal regkom nie.

Die kursus sluit alles in wat jy nodig het: die resepte, wenke, raad en tegnieke om van jou ’n sjef te maak. Jy voorsien jou eie bestanddel­e.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa