Sarie

Pavlova met nougatinev­ulsel

-

genoeg vir 6-8

MERINGUE

8 eierwitte

630 g (750 ml) strooisuik­er 20 ml wit asyn

30 ml mielieblom (Maizena) 30 ml rooswater of

5 ml vanieljege­ursel

400 g bessies van jou keuse 100 g gevlokte amandels

NOUGATINE-SOUS

200 g (250 ml) suiker 100 ml heuning

30 ml water 4 eierwitte

Verhit oond tot 140 °C. Klits eierwitte by hoë spoed tot sagte punte vorm wanneer klitser opgelig word. Voeg strooisuik­er stadig by terwyl jy klits. Hou aan klits tot mengsel ’n blink voorkoms het en stywe punte vorm wanneer klitser opgelig word. Vou asyn, mielieblom en rooswater of vanieljege­ursel in. Voer twee bakplate met bakpapier uit. Merk met ’n potlood ses sirkels van 20 cm in deursnee op bakpapier uit. Skep meringue in spuitsak met 1 cm-skerprandt­uit en vul sirkels met meringue. Bak 30-45 minute of tot buitekant droog is. Laat afkoel. NOUGATINE Bring suiker, heuning en water in middelslag­pot tot kookpunt terwyl jy roer. Kook vir 8 minute. Terwyl stroop kook, klits eierwitte tot sagte punte vorm. Hou aan klits terwyl jy warm stroop geleidelik bygooi. Klits tot mengsel koud, dik en romerig is. Plaas meringuesi­rkel op dienbord. Skep lepels vol nougatine bo-op en strooi ’n hand vol bessies oor. Herhaal tot al die meringue, nougatine en bessies op is. Strooi neute oor en sit dadelik voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa